Grace kry al twee jaar koue skouer van Bob se familie
Familielede van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe voer aan hulle het reeds twee jaar gelede bande met Mugabe se vrou, Grace, verbreek, berig Voice of America Zimbabwe.
Luidens die berig beskuldig die Mugabe’s Grace daarvan dat sy “ouer lede van die familie sonder die nodige respek behandel, dat sy graag spog en windmakerig optree en verdeeldheid in die familie veroorsaak”.
Ben Matibiri, Mugabe se oom, beweer Grace verkleineer almal in die familie “soos sy probeer om haar invloed en mag te vergroot”. Matibiri sê dit is presies die teenoorgestelde van wat Mugabe se eerste vrou, wyle Sally Hefron Mugabe was, wat hy as ’n “wonderlike dogter” van die familie bestempel het.
Daar is die naweek berig dat Grace kla oor hoe haar familie, ondernemings en bondgenote behandel word sedert haar man as president uitgetree het.
Luidens The Zimbabwe Independent lyk dit of die Mugabe’s uit die openbaar bly, maar Grace kla agter die skerms oor hoe haar familie en die families van haar bondgenote behandel word.
Grace het haar lot by pres. Emmerson Mnangagwa en Constantino Chiwenga, die weermaghoof, deur middel van die bemiddelaars, vader Fidelis Mukonori en Gideon Gono, oudpresident van die Reserwebank van Zimbabwe, bekla.
Volgens Grace word haar ondernemings en eiendomme bedreig en dié dreigemente gemaak na aanleiding van die geheime ooreenkoms wat Mugabe aangegaan het toe hy uitgetree het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie