Grace Mugabe ‘lê op sterwe’
Volgens regeringsbronne probeer Mugabe dapper wees voor die kameras, maar sy is glo in erge pyn.
Die voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, is glo sterwend en het moontlik net “dae” om te leef.
ZWnews.net berig regeringsbronne en ’n dokter het die nuus Sondagaand aan Spotlight Zimbabwe bekend gemaak.
Netwerk24 het vroeër berig pres. Emmerson Mnangagwa se regering het na bewering ’n straler vir Mugabe en haar man, Robert, gereël sodat hulle die naweek na Singapoer vir ’n mediese ondersoek kan vlieg.
Mugabe (53) sukkel sedert sy in 2015 ’n blindedermoperasie in Singapoer ondergaan het met haar gesondheid.
Volgens die Zimbabwe Independent was sy egter in Singapoer om behandeling vir kolonkanker te ontvang.
Mugabe en haar 94-jarige man sukkel die afgelope ruk albei met hul gesondheid en besoek Singapoer gereeld.
“Die waarheid word nie openlik verkondig nie,” het ’n dokter uit Hongkong aan Zimnews gesê.
“Mev. Mugabe is ernstig siek en sy het min tyd oor.”
Volgens regeringsbronne probeer Mugabe dapper wees voor die kameras, maar sy is glo in erge pyn.
CHOLERA-KRISIS
Mense in Zimbabwe is woedend omdat pres. Emmerson Mnangagwa se regering na bewering ’n vliegtuig vir Robert Mugabe en sy vrou, Grace, gereël het om die naweek na Singapoer vir mediese ondersoeke te vlieg.
Volgens New Zimbabwe.com het die Mugabe-egpaar Sondag die land verlaat op ’n vlug wat deur die regering bespreek is.
Daar word ook berig dat Mnangagwa meer as ’n US$500 000 betaal het om Grace na haar ma se begrafnis te vlieg.
Volgens The Standard is bykans US$550 000 aan ’n maatskappy in Katar vir die gebruik van ’n luukse private straler betaal. Dié geld is glo van ’n plaaslike sakemagnaat wat belange in energie het.
Die jongste verwikkelinge kom te midde van die nuus dat Mthuli Ncube, die nuwe minister van finansies, op Twitter skenkings vra om die staat te help om cholera, wat die laaste tyd die lewens van minstens 25 mense geëis het, te beveg.
Cholera het uitgebreek in Glen View, ’n westelike buurt in Harare, wat tot noodreaksie deur sowel die staat as buitelandse humanitêre hulpverleningsorganisasies gelei het.
Inwoners in Zimbabwe het op sosiale media hul misnoeë uitgespreek oor geld wat te midde van die uitbreek van cholera vir ’n vliegtuig vir die Mugabe-egpaar gebruik word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie