Grace Mugabe vir handel in ivoor ondersoek
Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe het na bewering amptenare gedwing om opgehoopte ivoor aan haar te oorhandig.
Elise Tempelhoff - Die net span al nouer om Grace Mugabe, voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, oor haar beweerde betrokkenheid by die smokkel van ivoor na die Ooste.
Mugabe word ook daarvan verdink dat sy amptenare van die Zimbabwiese parke- en wildbestuurowerheid (Zimparks) gedwing het om van die land se opgehoopte ivoor aan haar te oorhandig sodat sy dit as geskenke aan presidentsvroue in Asië kon gee.
Die Zimbabwiese polisie het aan die plaaslike koerant The Herald gesê hul ondersoek fokus nou op Mugabe se beweerde betrokkenheid by die smokkel van ivoor wat miljoene werd is.
Sy word daarvan verdink dat sy ’n sindikaat gehelp het om die ivoor uit Zimbabwe na onwettige markte in Asië te smokkel.
Bronne na aan die ondersoek het Donderdag aan die koerant bevestig Mugabe sal binnekort ondervra word.
Tinashe Farawo, woordvoerder van Zimparks, het telefonies vanuit Zimbabwe gesê dié bewaringsagentskap werk saam met die Zimbabwiese polisie en het onlangs al die “relevante” dokumente wat betrekking het op hul ondersoek aan die polisie oorhandig.
Hy het bevestig hy is bewus daarvan dat Mugabe geïmpliseer is in die smokkel van ivoor uit die land.
Volgens die polisie dui hul voorlopige ondersoek daarop dat Mugabe die baasbrein agter die smokkel van groot hoeveelhede ivoor na China, die Verenigde Arabiese Emirate en Amerika was.
Die voormalige presidentsvrou, wat getroud is met Robert Mugabe, wat vir 37 jaar die staatshoof van Zimbabwe was, sal ook ondervra word oor opdragte wat sy glo hiervoor gegee het. Die polisie wil ook weet watter amptenare sy na bewering gedwing het om hierdie onwettige aktiwiteite te fasiliteer.
Volgens die bronne is verskeie verdagtes, wat glo ook by dié sindikaat in die land betrokke was, reeds ondervra.
Mugabe het amptenare na bewering gedwing om vervalste permitte van die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) uit te reik vir die uitvoer van die ivoor.
Sy word ook verbind met die uitvoer van olifantkalwers na dieretuine in China as “betaling” vir dienste wat ene Song Li, voorsitter van ’n Chinese beleggingsmaatskappy, aan die destydse Mugabe-regering gelewer het.
Mugabe is glo ’n goeie vriendin van Song Li. Song Li is ook die eienaar van Eagle Tannery wat weermaguniforms, skoene en gordels aan Zimbabwiese soldate verskaf het.
Volgens Sharon Hoole van die Zimbabwe Conservation Task Force (ZCTF) dring dié bewaringsorganisasie daarop aan dat Cites die bewerings ondersoek dat die olifantkalwers met vervalste Cites-permitte uit die land geneem is.
Cites het nog nie op herhaalde navrae gereageer oor die moontlikheid van só ’n ondersoek nie.
Farawo sê die land het tans 107 ton opgehoopte ivoor.
Volgens The Herald was Mugabe, wat deesdae met ’n “doktorsgraad” spog, nie vir kommentaar beskikbaar nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie