Grace wil glo skei
Noudat oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe nie meer aan die stuur van sake in sy land is nie, wil sy aansienlik jonger vrou, Grace,glo niks meer met hom te doen hê nie.
Grace Mugabe wil glo skei van oudpres. Robert Mugabe (93) van Zimbabwe, berig die nuuswebwerf Zimbabwe Today.
Bronne na aan die Mugabe-gesin het die egskeiding volgens die webwerf bevestig. Sy wil glo rus en vrede hê en sien nie daarvoor kans dat daar 'n gek van haar gemaak word in die jare wat voorlê nie.
“Sy is baie ontsteld sedert Mugabe die mag oorgegee het aan Emmerson Mnangagwa, wat Mugabe vroeër as adjunkpresident afgedank het. Sy wou 'n rol hê as presidentsvrou en nie as 'n vrou wat onderdanig moet optree nie.
Sy wil ook nie vaarwel sê aan haar luukse leefstyl nie en ook nie soos 'n gevangene in haar huis leef nie. Sy dink die dekor is aaklig en kan nie gered word nie,” het 'n bron na aan die gesin glo gesê.
Lawrence Brown, 'n woordvoerder van die regbank, het glo ook die aansoek om egskeiding bevestig. Hy het gesê as albei partye ooreenkom, kan hulle binne 'n maand amptelik geskei wees.
Die Mugabes is 21 jaar gelede getroud nadat hy 'n buite-egtelike verhouding met haar gehad het terwyl sy 'n sekretaresse in sy kantoor was.
Die webwerf se berig is deur buitelandse media herhaal, maar geen bevestiging kon verder gekry word nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie