Grafskending op Swakopmund ontstel
Agnes Hoffmann skryf:
In April verlede jaar het ons my suster se graf klaar gemaak. Met groot respek, deernis en ook baie geld wou ons my suster se laaste rusplek laat goed lyk.
Sy het net 52 jaar oud geword en het nog so baie planne vir die lewe gehad, toe kanker haar lewe eis. Tot my groot verdriet het ek met my besoek op Swakopmund begin Desember gesien dat iemand die dwergie van die graf af gesteel en die twee voëls ook uit hulle anker gebreek en beskadig het. Alles was op die sementplaat onder die klippe vasgemaak. Die rooi lantern is ook weg en die vaas het 'n kraak.
Wie doen so iets? Hoe kan 'n mens vreugte uit iets kry wat van 'n graf gesteel is? Dit is al klaar so hartseer om 'n geliefde mens op die begraafplaas te los, maar as die graf ook nog so geskend word is regtig sout in die wond. Het die waarde van respek vir die dooies heeltemal weg geraak? Snaaks genoeg staan op baie grafte los engelfigure.
Blykbaar is hulle nie interessant nie – of is iemand dalk bygelowig? Ek besef dat daar in die verlede baie skade van vandalisme aan grafte in verskillende begraafplase oor die hele land gedoen is. Dit maak baie seer dat lede van 'n volk so laag gaan daal.
Aangesien die figuur uit Duitsland kom is dit uniek hier in Namibië en kan maklik uitgeken word, sou iemand dit in sy huis of tuin ten toon stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie