Grappies
Spitsvondighede uitgespreek deur Rita Rudner:
* Dit was nie dat niemand my na die matriekafskeid wou saamneem nie; dit was dat niemand my wou sê waar dit gehou sou word nie.
* Hoe werk dit dat jy water en meel meng en gom kry... en dan as jy eiers en suiker byvoeg kry jy koek?... Waar is die gom dan heen?
• • •
'n Paar nuwe eksamenflaters, aangestuur deur DelenevEdW:
* Wat is die doel van die kies- en oogtande? Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
* Wat kry jy as jy jou melktande wissel? Pepermenttande
* Wat is die verkleinwoord van Oupa? Kleinseun
* Voltooi die volgende idioom: Hoe meer Haas... Hoe groter haaspastei
* Wat is die meervoud van kabeljou? Kabeljulle
* Formule vir 'n sirkel se omtrek: "Paai straal kordaat"
* Vertaal in Afrikaans: 'I beg your pardon?' HuH?
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, oor werk, aangestuur deur RonaldR:
* Geen vakansie gaan ongestraf nie. - Karl Hakkarainen
* My pa het my geleer werk; hy het my nie geleer om daarvan te hou nie. - Abraham Lincoln
* Moet nooit 'n werk aanvaar waar die winterwind om jou broek waai nie. - Geraldo Rivera
* Werk is 'n skuilplek van mense wat niks beter het om te doen nie. - Oscar Wilde
----------------------

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie