'Gras groei nie in stadsale'
PIET JUNIUS, OUDPARLEMENTSLID SKRYF:
Ope brief aan sy eksellensie dr. Hage Geingob, president van Namibië:
Geagte president, daar is knellende vrae wat ek graag aan u wil stel, en ek vertrou dat ons reguit antwoorde daaroor sal kry.
Ons, Suid van Windhoek, is mos seker deel van die een huis in Namibië waarvan u so dikwels praat, of is ek verkeerd? Of is ons net deel van die huis gedurende verkiesings? Maar wanneer dit kom by voordele van regeringskant, dan sit ons buite op die agterstoep?
Hier wil ek spesifiek verwys na die regering se sogenaamde droogtehulpskema en ek verwys graag na die volgende:
Gedurende Maart 2019 toe sien die president, dr. Hage Geingob, eers sy weg oop om die land tot ’n droogtegeteisterde rampgebied te verklaar. Meneer, toe is planttyd in die Noorde mos al lankal verby.
Meneer, toe vrek ons diere al, want die reënseisoen is toe al iets van die verlede.
Meneer, toe het die beroepe van landbou-unies en boeregemeenskappe al vroeg uitgegaan en probeer waarsku dat hier ’n ramp op pad is, maar nee, dit val toe op dowe ore.
Daar is toe hulp in die vorm van ’n “incentive” (N$400 per GVE en N$80 per KVE) as jy na een April verkoop. Wat van die boere wat vroeg al verminder het?
En toe op 20 Junie antwoord die eerste minister op vrae in die Nasionale Vergadering en belowe droogtehulp wat binne weke beskikbaar sou wees. Sommer net ’n rou lieg! Dis nou drie maande later en daar is nog niks.
In plaas daarvan toer die agbare eerste minister nou saam met die president in stadsale rond.
En toe op Saterdag 20 Julie, kom verduidelik ’n direkteur in die kantoor van die ministerie van landbou op Groot Tsumis in die Rehoboth-area hoe die “skema” van die regering nou eintlik werk. Dis nou ’n maand later en niks gebeur nie. Altans nie suid van Windhoek nie. Wat ’n klug!
Waar is die N$570 miljoen wat geoormerk was vir droogtehulp?
Waar is die geld van buitelandse donateurs?
Intussen hou die president stadsaalvergaderings. Om te wat?
President Geingob, wees tog mans genoeg en sê dit is ’n verkiesingsveldtog. Terloops, hoeveel het dit gekos?
Meneer, in stadsale groei nie gras nie!
Ons praat later weer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie