Gratis lagterapie by Kalabar
Sedert die begin van NAM Comedy Circle 20 maande gelede by die Hilton se Kalabar het dit ietwat van ’n kultusstatus bereik.
Elke laaste Woensdag van die maand is dit komedietyd by die Kalabar.
Volgende week gaan Taap the Guy, Cassie Jessica, Kris with a K, Erich Nepembe en Joh White die gehoor laat skater.
Cassie Jessica is ’n nuwe gesig op die toneel en het onlangs begin naam maak in komediekringe. Sy kom voor as ‘n raakvatter, ‘n millennial op ‘n missie, wat nie wegskram van taboes in haar gemeenskap nie. Sy is borrelend op die verhoog, en in ‘n mengsel van Engels en Oshiwambo, haar moedertaal, vermaak sy die gehoor met haar kwinkslae. Sy is ‘n verfrissende nuwe karakter in plaaslike komediekringe.
Kris with a K keer terug na die Kalabar ná sy solo-optrede verlede jaar by Chicago, Windhoek, ’n reusesukses was. Hy het ‘n briljante vertoning gelewer. By die Kalabar bied hy splinternuwe materiaal aan. “Volharding in ‘n verdoemde ekonomie”, “Februarie, die maand van liefde, soos vertel uit ‘n veelwywer se perspektief”, en “Die gevaar van die Hilton-hotel en die tipe mense wat daar uithang” is van die onderwerpe.
Baie mense sal vir Taap The Guy onthou as die komediant wat ‘n pienk reistas ronddra. Hy het in 2015 en 2016 sy merk op die komediebedryf gemaak. Hy is met mening terug, dié keer met ‘n mengelmoes van onderwerpe, onder andere Valentynsdag, die coronavirus, Fishrot en die “Verkiesingsbabelaas”.
Laaste aan die beurt is Erich Nempebe, ‘n voormalige geoloog, wat die verhoog gaan rock met ‘n vergelyking van die verskille tussen swart- en wit-gedragspatrone, sowel as onderwerpe wat wissel van liefde, politiek en toordery.
Die komediant Joh White, sal ook op die verhoog wees, terwyl Mark Kariahuua ‘n kort, welverdiende blaaskans neem.
Die Kalabar gee verskeie pryse weg en nooi die wenners om die Hilton Breeze Spa, die D’Vine Wine & Sushi Bar en die Epika-restaurant te besoek.
Die vertoning begin om 20:00 en toegang is gratis!
Erich Nepembe, Taap The Guy en Kris with a K.
Foto’s Afterschool Multi Media

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie