Gratis onderwys: Haalbaar of verhandelbaar?
JOHN FREDERICKS SKRYF:
As ’n voorstaander en kampvegter vir dinamiese, toekomsgerigte en relevante onderrig en onderwys, worstel ek met die konsepwetgewing wat onderwys in sy totaliteit as ’n gratis kommoditeit wil aanbied.
Ek wil myself oortuig dat die konsepwetgewing nie ’n politieke handgranaat is nie wat generasie lange letsels kan nalaat as dit ontplof, omdat dit nie gebaseer was op die belange van die land nie, maar eerder om politieke punte te wen. Ons onderwysstelsel moet geskoei wees op ekonomiese opbloei, gelykheid en die bevordering van menslikheid, waardes en etiese beginsels wat die vooruitgang van die land en al die mense van hierdie mooi land bevorder.
Gegewe ons histories ongelyke ekonomiese, sosiale en politieke bedeling wat 27 jaar na politieke onafhanklikheid nie eintlik daadwerlik aangespreek of gedebateer was nie, stem ek saam met gratis onderwys en onderrig. Dit is egter ’n sosiale en ekonomiese feit dat enigiets wat gratis aangebied en verskaf word, of hewig uitgebuit word, of dit verloor sy waarde.
In ons heersende ekonomiese klimaat, gegewe onaanvaarbare vlakke van werkloosheid, wegholpryse vir noodsaaklikhede, en hoë vlakke van korrupsie, uitbuiting, ellende, armoede en oneerlikheid, is gratis onderwys vir die meeste van Namibiërs seker ’n aalmoes. 'n Geskenk aan ’n arm mens.
Die tergende vraag rakende gratis onderwys is die kwaliteit daarvan, en of ons onderwysers en alle ander deelnemers in die onderwyssektor die regte gesindheid en benadering het tot die bevordering van gratis onderwys. Daar is ’n Engelse gesegde wat lui: “If you think that education is expensive, try ignorance”.
Ek is van die opinie dat die sektore wat die meeste sou baat vind by ’n opgeleide en geskoolde arbeidsmag, die nodige strukture in plek moet plaas, byvoorbeeld subsidies, rigting georiënteerde beurse en ’n herbelegging van 25% van winste in opvoeding en opleiding. Die ministeries van opleiding en onderwys moet as fasiliteerder optree en deur wetgewing moet alle maatskappye verantwoordelik gehou word vir hul bydrae tot die bevordering en implementering van relevante, dinamiese en toekomsgerigte onderwys. Verder moet geen Namibiese kind uitgelaat word, en ’n holistiese benadering tot die kind se vooruitgang, groei en toegang tot die land se natuurlike bronne moet bevorder word.
Dit is vir my ’n logiese afleiding dat as die ekonomiese sektor die grootste voordeel uit ’n geskoolde arbeidsmag put, moet hulle daarvoor betaal, soos dit die geval is in enige kapitalistiese stelsel. Diegene wat die ekonomie besit, beheer en bestuur, moet verantwoordelik gehou word om ’n enorme bydrae te maak tot die onderrig- en onderwysbegroting van die land.
Die wysigingswet op onderwys van 2017 stel voor dat verpligte bydraes (deur ouers) tot die ontwikkelingsfonds van skole geskrap moet word, maar dit maak ongelukkig nie voorsiening of noem hoe die huidige of bestaande standaarde behoue gaan bly, of selfs hoe dit verbeter kan of gaan word nie. Bydraes tot die skoolfonds was nie die groot euwel wat kinders uit ons skole gehou het nie. Sosiale, ekonomiese en verwante euwels soos geweld en mishandeling en irrelevante skoolvakke is van die fundamentele faktore wat ons kinders buite ons skoolhekke gehou het.
Ouers, as jy nie finansiële bydraes kan lewer tot die opleiding van jou kind nie, toon ten minste belanstelling in hul akademiese vordering, belê in ’n gesindheid van mededeelsaamheid, selfrespek en etiese waardes by ons kinders. Geen wetgewing sal dan gemeet kan word aan die betaling van skoolfonds, aldan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie