Gratis wiskunde-toep vir e-onderrig
Met nie alle grade wat binnekort met skool begin nie, is e-onderrig en tuisonderrig nog in volle gang. As sekere ouers egter nie kundig in wiskunde is nie, is hierdie toepassing vir julle.
Die MathU Infinity-app kan nou gratis deur Apple en Android afgelaai word om kinders te help met wiskunde en wetenskap.
Alle gr. 10-, 11- en 12-leerlinge kan die app tot verdere kennisgewing gratis aflaai en volle toegang tot MathU Teaching Emporium se wiskunde en wetenskap-leerplatform hê. Die app is op só 'n manier ontwerp dat dit 'n virtuele leerassistent vir elke leerling skep.
MathU skep 'n unieke leerplatform en is gebaseer op individue se prestasie. Boonop het die leerlinge dadelik toegang tot terugvoer oor hul vordering. Die app fokus op die kern-konsepte in afdelings waarmee leerlinge sukkel – hulp en aandag wat leerlinge meestal net tydens individuele aandag van onderwysers kry. Leerlinge sal duisende oefeninge op die app kry met 'n videomemorandum om hulle te help. Hulle het ook toegang tot die kursus se inhoud sonder om aan die internet gekoppel te wees, dus kan dit enige tyd gebruik word.
Saam met die MathU Infinity-app vir leerlinge is daar ook 'n app vir ouers met in-diepte-toegang tot hul kinders se vordering en om te verstaan waarmee hul kinders sukkel. Dit wys ook aan die ouers wat gedoen moet word om hierdie probleme op te los. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie