Greenspace hou môre jaarvergadering
Ronelle Rademeyer - Die nie-winsgewende omgewingsorganisasie Greenspace, wat as die “Vriende van Avis” na die bestuur en bewaring van die Avisdam omsien, se algemene jaarvergadering vind môre om 18:00 by die Gondwana Shebeen by die Windhoek Skougronde plaas.
Mnr. Theo Wassenaar, bekende in bewaringskringe, sal as gasspreker oor die waterkrisis in Windhoek en Sentraal-Namibië, asook die pad vorentoe praat.
Greenspace het in 2000 ’n 30 jaar huurooreenkoms met die Windhoek munisipaliteit aangegaan en sien sedertdien om na die bestuur en bewaring van dié sowat 200 ha ongerepte natuurgebied waar die dam geleë is.
Me. Ulla von Holtz, visevoorsitter van dié organisasie, sê die enigste bron van inkomste is die toegangsgeld van N$20 per persoon wat besoekers aan die dam betaal. “Daar is 175 gereelde besoekers wat ’n jaarlikse besoekerstarief betaal omdat hulle die gebied gereeld besoek, veral om met hul honde daar te gaan stap. Die ander sowat 400 tot 500 besoekers per week is geleentheidsbesoekers wat die eenmalige N$20-toegangsgeld betaal. Dit beteken nagenoeg 2 000 mense besoek die dam maandeliks.”
Von Holtz sê sedert die dam in September verlede jaar weens die droogte opgedroog het, gebeur dit soms dat mense hul toegangsgeld terugeis omdat hulle voel hulle het nie waarde vir hul geld gekry nie. “Ons besoekergetalle het weens die droogte afgeneem en dit het ’n invloed op ons inkomste.”
Sy sê die inkomste wat Greenspace genereer, word gebruik om drie sekuriteitswagte in diens te hou – twee wat die toegangshekke beman en een wat in die gebied rondbeweeg om seker te maak besoekers is veilig. “Ons het ook altyd twee veldwagters in diens gehad wat na bewaringsaspekte omgesien het, maar kan tans net een se salaris bekostig. Die organisasie maak nie wins nie, ons breek net gelyk.”
Een van die toekomsmoontlikhede is om aansoek te doen dat die gebied gehersoneer word sodat dit as ’n natuurpark verklaar kan word. Dit sal egter beteken die dam val nie meer onder die Windhoek munisipaliteit nie, maar resorteer onder die ministerie van die omgewing en toerisme, sê sy.
In hierdie stadium word die gebied dikwels deur studente van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) besoek wanneer hulle navorsing op plante en diere doen wat in dié gebied voorkom.
Von Holtz sê die besoekerdemografie het oor die afgelope jare ook heelwat verander en mense kom al meer van woonbuurte in die weste en noorde van die stad om trou- of doopfoto’s daar te neem. “Dit is asof Avisdam skielik gewild geword het as bestemming vir sulke tipe geleentheidsfoto’s,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie