Grendeltyd bevorder sirkulêre ekonomieë
Herverbruik en herwinning is die antwoord
Dr. Kobus Laubscher - Tydens die harde grendeltyd het mense hul aangepas verbruik omdat bewegings ingeperk was. Voor dit het oproepe vir die hersirkulering van hulpbronne grootliks op dowe ore geval.
Die mens het gedy in ‘n produksie- en verbruikersomgewing van “Vat, Maak, Vermors” (Engels: “Take, Make, Waste”). Die aanwending van natuurlike hulpbronne, klimaatsverandering en les bes die koolstofvoetspoor van produkte is wesentlike oorwegings en aksies wat daarmee verband hou, word al hoe deursigtiger ontleed en gerapporteer. Dit word ook ‘n populêre politieke speelbal, maar feit is dat die aarde in sy huidige vorm en met bestaande kennis van benutting, na raming nie voldoende vir die mensdom sal kan sorg nie.
Die tweede been handel met die produktiwiteit en doeltreffendheid van hulpbronaanwending en die leuse is: doen meer met minder. Hoe die hulpbronne ontsluit word, skep ruimte vir die toepassing van nuwe tegnologieë. Dit kan dalk ‘n bedreiging inhou vir veeboere. Die ekwivalent van vleis uit ‘n laboratorium is beskikbaar terwyl braaivleispraatjies oor die kwaliteit van ‘n lekker, vet tjoppie vir al minder verbruikers beskore is.
Die aansienlike afname in vleisverbruik in groot ekonomieë is ’n realiteit en vleisprodusente fokus nou op die Afrikamark.
Wat ander voedselsoorte betref is tegnologie wat produktiwiteit verhoog soos geneties gemodifiseerde mieliesaak wat droogtebestand is, alledaags. Die debat tussen veeboere en diegene wat grond soek vir graan- en ander voedselproduksie, sal in felheid toeneem. Veeboere wat dink dié veldtog is van verbygaande aard, begaan ’n denkfout. Landbou as groot waterverbruiker wend die meeste vars water aan vir besproeiing, maar word ook uitgekryt as die grootste vermorser. Dit is van die argumente waarvoor oplossings gesoek word ten opsigte van twee van die bene: Vat en Maak.
Die vermorsingsdeel het veral tydens die pandemie groter sigbaarheid gekry – kos, verbruiksartikels, ens. se gebruikslewe is noodgedwonge verleng. Pleks van summier weg te gooi, het die fokus verskuif na die herverbruik van goedere en selfs kos. Hierdie tendens was al duidelik voor die pandemie toe die vierde nywerheidsrevolusie vastrapplek gekry het, maar is versnel deur kunsmatige intelligensie (KI). Goed moet eenvoudig langer hou en nuwe tegnologie soos in die geval van televisies en slimfone, se gebruikslewe is verleng. Dit verg argressiewe bemarking om die verbruiker te oortuig dat die duur, nuwe slimfoon werklik nodig is.
Op meer praktiese vlak word KI nou ingespan om die rakleeftyd van kos te verbeter en ook om die vermorsing wat vroeër onvermydelik was, vroegtydig te beperk. Die afvoer van vullis en die ondoeltreffende bestuur van afvalterreine kan byvoorbeeld hoër prioriteit geniet. Die hersirkulering van herbruikbare materiaal is dringend nodig. Herwinning is nie meer net ‘n modewoord nie; dit is hoog tyd dat die heffing wat geplaas word op plastieksakke gebruik word meer met minder te doen. Sekere lande hef al by die aankoopprys die geagte koste van herwinning.
Die rek van die gebruikslewe van wit goedere is ewe belangrik en tegnologiese ontwikkeling het dit in die oog.
In die landbou is daar ‘n bewuste terugkeer na aspekte soos die herstel van grondvrugbaarheid. Chemiese middels vir grondvrugbaarheid word met natuurlike bemesting vervang.
Beeste en skape bewei bewerkbare grond vir verbeterde vrugbaarheid en plantdigtheid word verhoog sodat chemiese onkruidbeheer bykans onnodig is.
Die uitkoms is laer produksie per hektaar, maar teen aansienlik laer koste en uiteindelike vermorsing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie