Grens steek stokkie voor droogtevoer
’n Vrag geskenkte veevoer wat uitkoms vir tientalle Suideboere sou bied, is nie in Namibië toegelaat nie.
Ronelle Rademeyer – Ses vragte met 34 ton droogtevoer uit Suid-Afrika wat vir nagenoeg 90 boere in die wurggreep van die droogte bestem was, is Woensdag by die Ariamsvlei-grenspos beveel om terug te draai, “aangesien diere nie witmielies vreet nie”.
Die droogtehulp is goedgunstiglik deur Suid-Afrikaners aan die bekende koördineerder van die omvangryke droogtehulpveldtog in die buurland, mnr. Burre Burger, geskenk om na Namibië te stuur.
“Ek is lief vir Namibië. Dit is die plek waar ek gaan visvang en waar ek gaan vakansie hou. Daarom het ek, toe ek ’n oproep uit Namibië kry en hoor hoe erg die droogte op plekke in die Suide is, nie twee keer gedink om te help nie.
“Pieter Lüttig, wat net anderkant die grens (in Namibië) boer, het my gehelp om invoerpermitte vir geelmielies te kry. By die depot op Hoopstad, waar ons 16 tot 18 vragte geelmielies per week laai, is witmielies pleks van geelmielies toe op die vragmotors gelaai,” het Burger gister uit Vredendal, vanwaar hy die veldtog koördineer, vertel.
“Een lorrie was al deur die grens gewees en het aan die Namibiese kant gestaan toe die beampte sê hulle kan nie witmielies deurlaat nie.”
Die lorriedrywer het laat weet hy is aangesê om terug te draai na Suid-Afrika, aangesien "diere nie witmielies vreet nie", sê Burger.
Hy vertel hy het talle oproepe na die ministerie van landbou, water en bosbou gemaak in ’n poging om iemand te kry wat hom met 'n permit kon help.
“Ek het by ’n behulpsame vrou uitgekom wat vir my ’n magdom nommers gegee het om te bel, maar nie een van die amptenare het hul telefone beantwoord nie. Ek was later so moedeloos dat ek vir ’n vriend van my in Windhoek gesê het hy moet vir my die president se nommer kry, want ek sal hom bel as dit moet.”
Burger sê in daardie stadium het ongeveer 90 kommunale en kommersiële boere op Karasburg op die voer gewag sodat hulle dit kon oorlaai om na hul plase te neem.
“Pieter het my later gebel en gesê hy moet ongelukkig in skaamte vir my sê Namibië gaan die hulp in my gesig teruggooi. Ek het toe daardie vragte laat aflewer op plase tussen Kakamas en Brandvlei.
“Ek help boere; dit is wat ek doen. En ek gaan nie ophou probeer om Nambiese boere te help nie,” het hy gister gesê.
Intussen het mnr. Christof Brock, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad (NAB), gister vertel me. Antoinette Venter van dié raad het vanuit Windhoek alles in haar vermoë gedoen om te help.
“Amta (die Landboubemarking- en handelsagentskap) het ingestem om ’n uitsondering te maak en toestemming te verleen dat die witmielies mag inkom, maar kon nie daarin slaag om ’n permit by die ministerie te kry nie.”
Witmielies mag nie na Namibië ingevoer word terwyl die land nog plaaslik geproduseerde witmielies in voorraad het nie.
Hy sê dit is “’n baie hartseer storie”.
Burger het byna oornag heldestatus in Suid-Afrika bereik vir die liefdadigheidswerk wat hy doen.
Hy het aan Republikein gesê hy het gister die 490ste vrag droogtevoer gelaai. “En ons help tussen 50 en 60 boere met een vrag.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie