Grense wat grense uitdaag
Grense wat grense uitdaag

Grense wat grense uitdaag

Lloyd Zandberg
Die Nasionale Kunsgalery van Nambië bied met trots ‘n groepuitstalling getitled BOOTH aan. Die uitstalling open Dinsdag 20 Februarie om 20:00.

Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne 'n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon.

BOOTH is gekonseptualiseer as 'n ondersoek na die “White Cube” as 'n eksklusiewe, gesaghebbende ruimte.

Sedert die 1960's het visuele kunsteorie formeel die aard van 'n tradisionele wit kubusruimte oorweeg.

Baie kunstenaars, kurators en akademici het die beperkings in hierdie tradisionele galeryruimte bespreek, asook sy rol in die handhawing van eksklusiewe praktyke binne die visuele kunste en kunsgeskiedenis.

BOOTH skep konseptueel onmiddellike samestellings deur kunstenaars te vra om binne perke skeppend te wees.

Grense en beperkings is goed waarmee ons daagliks op verskillende vlakke en in verskillende grade te doen kry.

Kunstenaarsintervensies het al baie vorms aangeneem - sommige werk openlik met die idee van beperkte ruimte, soos in die installasie deur Lara Diez en Urte Remmert, terwyl ander konseptueel kyk na die uitwerking op die daaglikse lewe van historiese segregasie soos in die werke van Eino Imene en Paulus Kiddo.

Lineêre effekte is gebruik om afbakening binne kunswerke te skep, soos in die skilderye van Foibe Amundaba en tekstiele deur Elizabeth Shinana.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!