Grenspos in //Kharasstreek se toilette 3 jaar stukkend
Die toilette by die Klein Menasse-grenspos in die //Kharasstreek is sedert 2016 buite werking. Die grenspos van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is sowat 35 kilometer van Aroab geleë.
“Soms moet besoekers die bosse gebruik of ons moet vir hulle sê om die geriewe by die Suid-Afrikaanse grens te gebruik,” het ‘n beampte by die grenspos gesê. Volgens hom is die probleem reeds verskeie kere by die ministerie van werke en vervoer aangemeld, maar het dit tot op hede op dowe ore geval. Sowat 1 500 mense gebruik maandeliks die grenspos.
Intussen het die ministerie se inspekteur wat op Keetmanshoop gestasioneer is, mnr. #Khagu //Hoeseb gesê dit is “onmoontlik” dat toilette so lank kan stukkend wees. Volgens hom neem die ministerie sulke kwessies “baie ernstig” op en word daar onmiddellik en veral by grensposte daarop gereageer. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie