Grensstad: Woedende betogers jou migrante uit
Sowat 200 betogers is deur die polisie gekeer om na 'n skuilplek te gaan waar van die asielsoekers in Tijuana bly.
Migrante uit Sentraal-Amerika is in die Mexikaanse grensstad Tijuana deur woedende betogers uitgejou. Betogers het Sondag in die strate saamgetrek en daarop aangedring dat die migrante die land verlaat. Die betogings dui op 'n verskuiwing in die manier waarop Mexikane die migrante behandel.
Honderde van Tijuana se inwoners het Sondag rondom 'n monument in die gegoede deel van die stad saamgetrek om beswaar te maak teen die duisende migrante uit Sentraal-Amerika wat in 'n karavaan daar opgedaag het in die hoop om 'n nuwe lewe in die VSA te begin.
Spanning het opgelaai soos wat byna 3 000 migrante van dié karavaan Tijuana die afgelope dae ingevaar het na langer as 'n maand op die pad, en met nog baie maande voor hulle terwyl hulle om asiel aansoek doen. Die federale regering in Mexiko meen die aantal migrante kan binnekort tot 10 000 toeneem.
Amerikaanse grensbeamptes verwerk net sowat 100 asielaansoeke per dag by Tijuana se hooftoegang tot San Diego.
Asielsoekers registreer hul name in 'n notaboek wat deur die migrante self behartig word en wat reeds meer as 3 000 name in gehad het nog voordat die karavaan opgedaag het.
'N GEVAAR VIR TIJUANA
Sondag het ontevrede inwoners van Tijuana Mexikaanse vlae gewaai, Mexiko se volkslied gesing en “Uit! Uit!” gedreunsing by die standbeeld waar die migrante sowat 1,6 km van die Amerikaanse grens af uitkamp. Hulle het die migrante daarvan beskuldig dat hulle morsig, ondankbaar en 'n gevaar vir Tijuana is.
Hulle het ook gekla oor die manier waarop die karavaan sy pad na Mexiko oopgedwing het, en het dit 'n “inval” genoem. Hulle is bekommerd dat hul belastinggeld gebruik gaan word om na die groep asielsoekers om te sien.
Sowat 200 betogers is ook deur die polisie gekeer om na 'n skuilplek te gaan waar van die asielsoekers in Tijuana bly.
'n Blok verder het daar egter 'n dosyn of wat inwoners gestaan met plakkate wat die migrante ondersteun het. Keyla Zamarron (38), 'n onderwyseres, het gesê die betogers teen die migrante verteenwoordig nie hul denkwyse nie, terwyl sy 'n plakkaat omhoog hou waarop staan: “Kindwees het nie grense nie”.
Die meeste van die migrante wat Tijuana die afgelope dae bereik het, het langer as 'n maand gelede met die karavaan uit Honduras weggetrek.
– Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie