Gretzky kry doodstraf vir ’n donkie
Des Erasmus - Sewe woestynleeutroppe is leierloos nadat ‘n uitgeteerde mannetjie in die nagtelike ure van Saterdagoggend by De Rust in die Ugabvallei wes van Uis, deur ‘n beampte van die ministerie van natuurbewaring en die omgewing doodgeskiet is.
Die leeu, ‘n indringer uit die Huabvallei, is bekend as Gretzky, so vernoem na ‘n beroemde yshokkiespeler.
Die doodskoot het ‘n einde gemaak aan ‘n reeks rooftogte sedert Maandagnag in die betrokke gebied. In sy eerste aanval is 15 bokke met ses lammers en vyf skape met een lam van ‘n boerin, Mama Rosa, by De Rust doodgebyt. Tussen 21:00 Vrydag en 02:00 Saterdag was daar weer ‘n konsternasie by die netbedekte en versterkte krale. Gretzky kon nie ‘n inkomplek kry nie, selfs nie deur die dak nie.
Toe het sy onvergeeflike sondes ingetree. Buite die krale het hy eers ‘n loslopende donkie doodgebyt en in die daaropvolgende jaagtog deur mense oor ‘n tent van ‘n natuurbewaarder gespring. Dit het hom ‘n probleemdier gemaak met sy vonnis wat binne die raamwerk van die wet voltrek is.
Volgens berigte gister uit die verlate gebied is Gretzky afgeslag, is sy vleis in die kommunale gemeenskap versprei en sal die vel verkoop word. Die bene sal verbrand word.
Namibië se bekendste leeunavorser, dr. Flip Stander, het reeds op skrif gegaan dat daar al ses woestynleeutroppe is wat sonder ‘n tropmannetjie is. Gretzky se dood maak dit sewe. Dit kom in ‘n stadium waar kommer reeds bestaan oor ‘n wanbalans in geslag onder woestynleeus. Droogtes het ook ‘n tekort aan die natuurlike prooie van leeus veroorsaak.
Gretzky was met sy dood baie maer en blykbaar desperaat op soek na kos.
Gretzky was bekend as ‘n lid van die Huabtrop. Die dekseisoen van die wyfies het hom blykbaar die lang staptog na die Ugabvallei laat onderneem. Oorplasing na die Huabvallei kon ‘n ander oplosing vir die probleem bied.
Plaaslike en internasionale instansies het reeds in verset getree teen optrede waar daar bloot na die naaste geweer gegryp word. Vrae word ook gevra oor ‘n gebrek aan optrede deur bewaringsinstansies waarby verskeie nie-regeringsinstansies betrokke is. In ‘n week van doodslag was daar genoeg tyd vir alternatiewe oplossing bo en behalwe die teregstelling.
Gretzky het wel oor ‘n halsband beskik, maar ‘n vroeë waarskuwingstelsel is blykbaar nog nie in die gebied geaktiveer nie. Skenkers help om vir halsbande te betaal wat tot N$35 000 elk kan kos.
Intussen het die leeubewaringsinstansie DeLHRA aangekondig dat Mama Rosa se krale Woensdag versterk gaan word. Bystand aan haar sal ook ‘n geskenk van ‘n kernkudde wees waarmee sy weer haar boerdery kan opbou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie