Griekwas behou wenspan vir finaal
Rugby
Owen Kock - Griekwas se afrigter, Peter Engledow, het 'n groot premie op bestendigheid geplaas en het derhalwe net een verandering aan sy beginspan aangebring vir Sondag se eindstryd teen die Pumas in die SuperSport-uitdaagreeks in Oudtshoorn.
Die flank De Wet Kruger is terug in die beginspan nadat hy weens griep op die nippertjie aan die halfeindstryd teen die Vrystaat-vyftiental onttrek is.
Die Namibiër Damian Stevens, wat van die begin van 2018 deur die Sharks aan Griekwas geleen is, sal weer op die reserwebank wees. Hy het laas naweek sowat agt minute teen die Vrystaat gespeel.
Die Pumas het laas naweek baie van taktiese skoppe gebruik gemaak om die Haaie-vyftiental uit te skakel, vir wie die Namibiër Johan Deysel op binnesenter was.
Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Christopher Bosch, Johnathan Francke, Kyle Steyn, George Whitehead, Christiaan Meyer, Conway Pretorius, Sias Koen, De Wet Kruger, Pieter van Vuren (k), Sintu Manjezi, Nicolaas Oosthuizen, Kwezi Mkhafu, Devon Martinus. Reserwes: AJ le Roux, Liam Hendricks, Ruan Kramer, FP Pelser, Damian Stevens, Jono Janse van Rensburg, André Swarts.
– Netwerk24 en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie