Griekwas bied Retief nuwe hoofstuk
Die 2022 Curriebeker skop reeds in Januarie af.
Andrew Poolman – Die Namibiese slot Johan Retief het hom die afgelope weke by Tafel Lager Griekwas as sy nuwe werkgewer aangesluit.
Die rugbyspan van Kimberley het die 26-jarige Namibiër se dienste bekom, nadat hy sedert 2018 vir die Pukke in die Varsitybeker en die Luiperds in die Curriebeker eerste liga gespeel het.
Retief, oudskolier van Windhoek Gimnasium, was ook ’n lid van Namibië se Wêreldbekerspan in 2019 in Japan.
Hy het verlede maand tydens die Wêreldrugby Stellenbosch-uitdaagtoernooi teen Kenia en Zimbabwe in sy 13de en 14de toetse gespeel, sedert sy debuut in Junie 2017.
Griekwas het ’n merkwaardige seisoen agter die blad, waarin dié unie derde op die puntelys van die Curriebeker geëindig het met vyf oorwinnings en ’n gelykopuitslag, vir 35 ligapunte.
Die Poubloues het opspraak gewek deur so byna vir die eerste keer sedert hul 1970-triomf weer die eindstryd van die Curriebeker te haal. Hul veldtog het wegoorwinnings teen die Westelike Provinsie (30-28), Leeus (41-31) en Haaie (37-27) ingesluit.
Dit was die eerste keer in meer as ’n eeu dat die Streeptruie in Kaapstad teen die Griekwas verloor het. In die herontmoeting in Kimberley het Griekwas die WP opnuut met 46-25 geklop, terwyl die Vrystaat-Cheetahs ook op Tafel Lager-park met 31-10 die knie moes buig.
Die Kimberliete het hulle egter in die halfeindstryd in Durban teen die Haaie vasgeloop (28-24). Griekwas se slotte in dié wedstryd was Adre Smith en Stefan Willemse, terwyl Johan Momsen van die bank opgestuur is en die span se laaste drie gedruk het wat hulle vir oulaas binne trefafstand gebring het.
Pieter Bergh, afrigter van Griekwas, het vandeesmaand ook die Luiperds se 22-jarige haker Gustav du Rand die geleentheid gegee om by die Poubloues sy merk te maak.
Griekwas se eerste Curriebekerwedstryd van die nuwe seisoen is die tweede naweek van Januarie teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein. Dieselfde twee spanne sal skaars die naweek tevore ook in Bloemfontein in ’n opwarmwedstryd voor die afskop van die reeks teen mekaar te staan kom.
Griekwas se tweede wedstryd sal dan eers weer op 2 Februarie met ’n Woensdagwedstryd teen die Blou Bulle hervat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie