Griep, klippe kortwiek Giniel de Villiers
Motorsport
Marizanne Kok - Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers se eerste proesel van 'n Dakar-uitdaagren in Saoedi-Arabië was Sondag propvol frustrasie – met die noodlot wat klippe letterlik én figuurlik in sy pad gerol het.
De Villiers, wat vir die Toyota Gazoo-span jaag, het die eerste skof in die Arabiese woestyn Sondag in die 14de plek voltooi – 'n yslike 23 minute ná die verrassende skofwenner, Litaue se Vaidotas Zala (Mini). Die Stellenbosser se dag was nooit maklik nie, met 'n effense grieperigheid wat hom hinder, maar die hordes klippe op die roete het sy dag verder versuur.
Dit het daartoe gelei dat hy moes stilhou om vier pap wiele te herstel.
“Dit was nogal 'n taai skof. Ons het vier pap wiele gehad – en net drie spaarwiele. Gelukkig was een net 'n stadige lek. Ons het hom toe baie styf gepomp en so kon ons by die einde uitkom.
“Maar jy weet, jy moet so stadig ry, en dan is daar nog die klippe. Dit het ons ongelukkig baie, baie tyd gekos.
“Die griep wat ek onder lede het, maak dinge ook nie juis makliker nie, maar dis nou maar een van daardie dinge. Dit sal 'n paar dae vat om weg te gaan. In elk geval is ons nou hier (by die eindpunt van die eerste skof) en het ons nog elf dae wat voorlê.”
De Villiers was nie die enigste van Toyota Gazoo se jaers wat deur pap wiele gekortwiek is nie. Die span as geheel het elf pap wiele gehad.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie