Gru00fcnschloss formeel aangekla
Gru00fcnschloss formeel aangekla

Grünschloss formeel aangekla

Die vervolging van drie vermeende bedrieërs, mnr. Karl Konrad Grünschloss, die belastinggaarder mnr.Eustace Mujohn Mujohn en me. Nsala Liyeke, is verlede Vrydag in die Windhoekse landdroshof bekendgemaak.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Die besluit van aanklaer-generaal Martha Imalwa om drie vermeende bedrieërs, mnr. Karl Konrad Grünschloss, die belastinggaarder mnr. Eustace Mujohn Mujohn en me. Nsala Liyeke te vervolg, is Vrydag deur prokureur Joseph Andreas in die hof aangekondig.

Hy het gesê dat Imalwa agt klagte geformuleer het waarvan sommige op beide Grünschloss en Mujohn van toepassing is en ander op slegs een van die twee. ''n Negende klag van poging tot dwarsboming van die gereg is slegs op Liyeke van toepassing.

Grünschloss, die vermeende meesterbrein agter ''n ouditverslagskema waarin minstens drie sakemanne miljoene dollar as omkoopgeld aan hom sou oorhandig, het saam met Mujohn voor die hof verskyn.

Hulle twee is aan die begin van April 2015 deur die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) in Windhoek weens omkopery en bedrog aangekeer. Hulle het volgens die staat saamgewerk om N$1 miljoen van mnr. André Blaauw, die eienaar van Blaauw''s Transport, in ruil vir ''n voordelige ouditverslag te kry.

Mujohn, ''n senior belastingbeampte by die ministerie van finansies se forensiese afdeling, het glo sy posisie misbruik om inligting oor mense en maatskappye wat deur die ministerie geoudit was, vir Grünschloss te gee. Sy betrokkenheid by die beweerde omkopery is glo deur lede van die ACC ontdek vanweë bewyse wat in Grünschloss se besit gevind is.

Nadat die twee beskuldigdes in hegtenis geneem is, het die ACC ontdek dat minstens drie ander sakemanne onder dieselfde skema deurgeloop het.

Grünschloss is op 29 April 2015 deur landdros Ruth Herunga N$500 000 borgtog toegestaan terwyl Mujohn N$20 000 vir sy borgtog moes opdok.

Die hoofondersoekbeampte van die ACC, mnr. Nelius Becker, het tydens die borgtogverhoor getuig dat hy aan die begin van die ondersoek gesukkel het om ''n saak teen Mujohn te bou en dat die meeste van die bewyse vir Grünschloss by die beweerde oortredings betrek het.

Becker het gesê dat hy kon eers vir Mujohn by die beweerde oortredings betrek het nadat hy op Grünschloss se selfone beslag gelê het.

Becker het SMS''e en bandopnames van gesprekke tussen Grünschloss en Blaauw gehad, wat volgens hom Grünschloss ernstig geïnkrimineer het.

Herunga het borgtog aan die twee mans toegestaan.

Die verhoor van die drie beskuldigdes sal op 24 Februarie begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!