Groei by juniors kry baie aandag

Jukskei
Andrew Poolman
Namibië Jukskei het onlangs sy junior proewe in Windhoek gehou waar Namibiese en Akademie-spanne gekies is om aan die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap te gaan deelneem, wat vanaf 8 tot 14 Desember 2018 op Kroonstad gespeel word.

Die twee verkose nasionale spanne is as volg:

Onder 19 meisies: Jomarie Verwey, Eloise Barnard, Millicke Rousseau, Salandri Combrink (leier). Reserwe: Jana Grove. Afrigter: Zuretha Horn.

Onder 16 seuns: Willie Eiman, Shaun van der Merwe, Armand Combrinck (leier), JC Naude. Reserwe: Riaan Grove. Afrigter: Gerhard Coetzee.

Die volgende dag was daar ook 'n baie suksesvolle Coen Brand Ope jukskei dag by Jukskeipark in Olympia.

Goeie jukskei is gespeel en die kompetisie was straf in elke afdeling om die wenners te bepaal.

Die Namibiese Junior Vereniging het ook 'n baie suksesvolle skoleliga aangebied. Daar was 'n hoërskool- en laerskool afdeling en die kinders het dit omtrent geniet.

Tydens die dag is daar ook afrigting en tegniese foutontleding met die juniors gedoen.

Die uitslae van die skoleliga:

Hoërskool-afdeling: Keetmanshoop Privaatskool 64.5 punte; Moria Privaatskool 56.5.

Laerskool-afdeling: Keetmanshoop Privaatskool 56.5; Kwagga-1 55; Kwagga-4 50.5; Kwagga-2 47; Kwagga-3 46; Seesterretjies 42.5

Beste spangees beker: Keetmanshoop Privaatskool tweede span.

• Die 2018 Coen Brand-toernooi se uitslae:

A-afdeling: Suide A1 63,5 punte. Khomas A 51.5. Saamstaan A 46.

B-afdeling: Noorde B, 68 punte. Olympus 62. Suide B 57.

C-afdeling: Auas C 625 punte. Khomas C 54. Noorde C 47,5.

D-afdeling: Kwaggas D1 57 punte. Olympus D 49. Kwaggas D2 42,5.

• Die Noorde streekkampioen­skap vind komende naweek in Omaruru plaas. Die Noorde jukskei-streek nooi graag die publiek om die dag saam met die spelers te geniet. Suide, Sentraal en Weste stuur spanne om soos altyd van hierdie dag 'n groot sukses te maak.

Die Weste streekkampioenskap vind op Saterdag 10 November 2018 in Swakopmund plaas en dit sal die laaste vir die jaar wees. Die Sentraal streekkampioenskap sal in Februarie 2019 in Windhoek gehou word.

Vir enige belangstelling in jukskei, besoek gerus Namibië Jukskei se webblad by www.jukskei-nam.com om op die hoogte van bedrywighede te bly. Vir enige navrae of belangstelling kan Erik Strauss by 081 122 2743 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!