Groei in mobiele dienste alleen kan Telkom nie red
Die maatskappy het bevestig hy het met die proses begin om tot 3 000 personeellede voor einde Augustus af te lê.
Petrus Malherbe – Beleggers blyk vertroue te verloor het in Telkom se vermoë om alleenlik uit sy mobiele dienste ’n winsgewende onderneming te word.
Daarom is afleggings by Telkom “dringend” nodig om die volhoubaarheid van die maatskappy “deur hierdie moeilike tyd” te verseker, het Sipho Maseko, uitvoerende hoof, Donderdag in ’n e-pos aan werknemers gesê.
Telkom het by navraag bevestig dat hy met die proses begin het om tot 3 000 personeellede by vier van sy afdelings of filiale voor einde Augustus af te lê.
’n Bron het Maseko se brief aan die personeel op voorwaarde van anonimiteit aan Netwerk24 gestuur.
Daarin skryf Maseko dat hy en Telkom se uitvoerende bestuurspan ’n “moeilike feestyd” agter die rug het omdat die “betreurenswaardige besluit” geneem moes word om wel van personeel ontslae te raak.
“Ons het die jaar begin met die wind van voor wat geweldige druk op ons besigheid plaas. Ons moet vinnig optree om Telkom se volhoubaarheid te beskerm.”
Volgens Maseko is die herstrukturering ’n “regstreekse reaksie op kliënte se verwagtinge om beter diens en meer waarde vir minder geld te ontvang”.
“Ons moet nader aan die kliënt beweeg en verseker dat ons toepaslik reageer.”
Die afleggings gaan in twee rondes plaasvind met die eerste ronde wat op die personeel van OpenServe, verbruikersdienste en Trudon (voorheen bekend as Yellow Pages) fokus.
By hierdie afdelings werk 9 199 mense.
Die tweede ronde afleggings gaan op Telkom se korporatiewe afdeling fokus, waar 310 mense werk. Dit sluit mensehulpbronne in.
Altesaam 9 509 personeellede word dus deur moontlike aflegging in die gesig gestaar. Baie van hulle sal heraansoek moet doen vir nuwe poste.
Telkom se totale arbeidsmag beloop byna 15 200 en is reeds 13% minder as ’n jaar gelede.
Telkom se geldsake
Telkom Mobile toon die vinnigste groei in Suid-Afrika in dié segment, maar dit is steeds verreweg die kleinste gegrond op die aantal intekenare.
Sy inkomste uit sy mobiele dienste het in die ses maande tot einde September met ’n enorme 56,6% tot R5,6 miljard opgeskiet.
Terselfdertyd bloei hy steeds intekenare van sy vastelyn- en internetdienste. Sy inkomste hieruit het in dieselfde tydperk met meer as 21% gedaal soos wat al hoe meer mense na mobiele tegnologie, maar nie noodwendig Telkom s’n nie, oorskakel.
Kapitaaluitgawes, wat met bykans 30% tot R4,2 miljard gestyg het, het ook sy wins geknou.
Dit is egter Telkom se agterstallige skuld wat beleggers laat wakker lê. Einde September verlede jaar was sy skuld wat hy in die mark geleen het, R12,8 miljard. Net ses maande voor dit, aan die einde van Maart 2019, was dit R10,3 miljard.
In dié tydperk het Telkom bykomende skuld van R5,5 miljard aangegaan terwyl hy net R3,1 miljard se skuld gedelg het.
Hierdie en ander faktore het daartoe gelei dat Telkom se aandeelprys van net onder R100 in Junie tot so min as R30 per aandeel vroeg in Januarie gedaal het.
Beleggers blyk vertroue te verloor het in Telkom se vermoë om alleenlik uit sy mobiele dienste ’n winsgewende onderneming te word.
’n Poging om die sukkelende Cell C vir ’n onbekende bedrag te koop, het einde verlede jaar misluk.
OpenServe, sy afdeling vir groothandelsdienste, insluitende vesel, boer ook agteruit.
Bestuur se salarisse ‘verregaande’
Intussen vra die vakbond Solidariteit, wat baie van Telkom se werknemers verteenwoordig, dat die maatskappy eers ’n moratorium plaas op die beplande afleggings.
Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof, is dit verregaande dat Telkom beplan om van 3 000 mense ontslae te raak terwyl hy “meer as R100 miljoen” aan salarisse vir sy uitvoerende span bestee.
Maseko se maandelikse salaris voor aftrekkings beloop R691 000.
Hy het ’n kontantbonus van R7 miljoen vir die boekjaar tot einde Maart ontvang, sowel as R5,3 miljoen in langtermyn-aansporings. Sy totale vergoeding beloop dus meer as R23 miljoen voor belasting en ander aftrekkings.
Tog sê Maseko in sy brief aan personeel afleggings is “dringend” nodig om die volhoubaarheid van die besigheid te verseker.
“Dit is roekeloos en, gedagtig aan die arbeidsmark wat afgelegde werkers sal moet trotseer, genadeloos,” sê Hermann.
Solidariteit vra dat Telkom eerder met ’n “aggressiewe heropleidingsprogram” begin sodat sy werknemers met nuwe vaardighede toegerus word soos wat Telkom na ander inkomstebronne soek.
“Telkom-werkers moet saam met die maatskappy van vastelyn- na mobiele dienste beweeg.”
Hoewel Telkom in die boekjaar tot einde Maart 2019 R293 miljoen aan die opleiding van sy personeel bestee het, meen Hermann dit was nie suksesvol nie.
“Indien ’n maatskappy nie sy werksmag vir nuwe uitdagings kan oplei nie, moet daar nie van die werkers ontslae geraak word nie, maar van die topbestuur.”
Onderhandelinge tussen die betrokke partye begin op 22 Januarie. Tot dan gaan Telkom nie verdere kommentaar lewer nie, het sy woordvoerder gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie