Groei om te oorleef
Adolf Kaure – Ons leef tans in die onvoorspelbare Covid-19-era. Baie mense het hul werk verloor en daarmee saam hul inkomste. Dit, weens afleggings aangesien ondernemings maatreëls moes tref om kop bo water te hou.
Dit is geen geheim dat dié wêreldwye pandemie 'n invloed op alle sektore en nywerhede in Namibië gehad het nie.
Ons moet egter begin dink hoe ons 'n inkomste gaan verdien om sodoende vir ons gesinne te sorg.
Hulle sê as een deur toemaak, dan maak 'n ander een oop en soms is ons self verantwoordelik om daardie deur vir onsself te skep.
Baie mense wat afgelê is, is hoogs gekwalifiseerde individue met baccalaureus-, honneurs- en selfs meestersgrade.
Die enigste eienskap wat hulle soms tekort kom, is entrepreneursvernuf om sake-idees en sakeplanne in uiteindelik suksesvolle geregistreerde besighede te omskep.
Baie mense kyk neer op nuwe ondernemings, al lewer hulle 'n beter diens en produkte van beter gehalte as gevestigde ondernemings of franchises.
Dit is jammer aangesien dit dieselfde mense is wat 'n reusebydrae tot die ekonomie van die land lewer. Hulle neem ander in diens en stel dié mense in staat om 'n inkomste te verdien en vir hul gesinne te sorg.
As jy werkloos is moet jy nie te trots wees om om hulp te vra nie. Vra mense wat goeie entrepreneurs is om vir jou opleiding en advies te gee.
Daar is baie mense wat bereid is om hulp te verleen soos onder meer Johnny Doeseb, Hafeni Nghidipaya, Dianah Namases en Irene Simeon-Kurtz.
Gaan ook aanlyn en leer gratis vaardighede aan.
Covid-19 is 'n doring in almal se vlees en baie kan hiervan getuig. As jy geen bron van inkomste het nie, en al is jy hoogs gekwalifiseerd, doen wat nodig is om brood op die tafel te sit.
Daar is vryskutgeleenthede wat jy kan aangryp om jou talente in geld te omskep. As jy moet afgradeer en 'n werk aanvaar wat baie minder betaal as wat jy by jou vorige werk gekry het, doen dit.
Verskeie mense wat die impak op die gasvryheids- en toerismebedryf gevoel het, het ’n keuse gemaak om as huishulpe en kelners en kelnerinne te werk. Dit is voorbeeldig en 'n goeie voorbeeld van leierskap.
Ek bewonder die vroue wat langs die pad tamaties en ander groente verkoop om seker te maak dat hul kinders universiteit toe kan gaan. Hulle oorweeg nie om selfdood te pleeg nie, maak geen verskonings nie en smeek of pleeg nie misdaad om vir hul geliefdes te sorg nie.
Laat ons met bewondering na almal kyk wat hul bes doen om kop bo water gedurende hierdie finansieel moeilike tyd te hou. Ons moet groei om 'n bestaan te maak. Ons moet groei om te oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie