• Tuisblad
  • Afrika
  • ‘Groeiende ontevredenheid met leiers,’ toon peiling
u2018Groeiende ontevredenheid met leiers,u2019 toon peiling
u2018Groeiende ontevredenheid met leiers,u2019 toon peiling

‘Groeiende ontevredenheid met leiers,’ toon peiling

Die hoofbevinding van ’n openbare meningspeiling is dat daar ’n groeiende ontevredenheid onder landsburgers teenoor politici en politieke partye is.
Llewellyn Prince - Pres. Cyril Ramaphosa en ander ANC-topleiers se gewildheid onder gewone landsburgers het weens die voortslepende binnegevegte in die regerende party, sowel as die talle openbare hofstryde in Junie en Julie vanjaar, met gemiddeld 5% gedaal.

Dit is die bevinding van die marknavorsingsmaatskappy Citizen Surveys in sy jongste kwartaallikse South African Citizens-meningspeiling (SACS) wat Dinsdag uitgereik is.

Die hoofbevinding van die peiling, wat openbare menings jeens politici en partye toets, is dat daar sedert die algemene verkiesing in Mei ’n groeiende ontevredenheid onder landsburgers is teenoor prominente politici en politieke partye.

Luidens die peiling dra Ramaphosa steeds die publiek se goedkeuring weg, meer as al die ander ANC-topleiers, hoewel dit van 64% in Junie tot 62% in Julie gedaal het.

Tito Mboweni, minister van finansies, se steun het van 35% in Junie tot 29% in Julie gedaal.

OPENBARE REGSTRYD

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se gewildheid het weens “sy openbare regstryd met adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer” van 31% in Junie tot 26% in Julie gedaal.

Gordhan geniet egter steeds meer steun as adj.pres. David Mabuza wie se steun van 26% in Junie tot 21% in Julie geval het.

“Die beleërde Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, het die laagste vlak van goedkeuring onder die ANC-topleiers. Sy steun onder die publiek het van 16% in Junie tot 11% in Julie geval.”

Reza Omar, strategiese navorsingsdirekteur by Citizen Surveys, meen die aansienlike daling in die publiek se tevredenheid binne ’n enkele maand “moet kommer in die ANC laat toeneem”.

“Die Suid-Afrikaanse publiek het duidelik gewys dat die binnegevegte en voortdurende openbare hofstryde hul vertroue in die regerende party laat taan.”

Oor opposisieleiers lui die peiling dat Julius Malema, EFF-leier, se gewildheid die afgelope nege maande van 30% in die vierde kwartaal van 2018 tot 25% in die tweede kwartaal vanjaar gedaal het.

KWARTAALLIKSE INLIGTING

“Dit moet in ag geneem word dat Malema se vlak van 25% sowat een persent laer is as dié van oudpres. Jacob Zuma se 26% toe dié in die eerste kwartaal van 2018 bedank het.

“Voor die verkiesing in die vierde kwartaal van 2018 was Malema se goedkeuringsvlak ook een persent laer as dié van Mmusi Maimane, DA-leier, wie s’n toe 29% was.

“Maimane se vlak van 28% vir die eerste en tweede kwartale van 2019 was stabiel.”

Omar sê die kwartaallikse inligting stel hulle in staat om te meet hoe die publiek oor 'n tydperk van drie maande op betekenisvolle gebeure, soos die Mei-verkiesing en die staatsrede, reageer.

“Albei hierdie gebeure het in die tweede kwartaal van 2019 plaasgevind en Ramaphosa in ’n gunstige lig gestel,” sê Omar. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!