Groen gras vir perde
Die wilde perde word steeds gevoer in die hoop dat gesonder gras binnekort sal begin groei.
Vir die eerste keer in 18 maande is die oostelike hange in die Garub-omgewing met groen gras bedek.
In die eerste week van Februarie het dié gebied naby Aus, waar wilde perde bly, sowat 16 mm reën ontvang.
Sedert September 2016 het die perde geen toegang tot groen gras gehad nie, het die Namibia Wild Horses Foundation (NWHF) op hul Facebook-bladsy berig.
Die daaglikse honger na gras en die teenwoordigheid van hiënas by Garub, 'n groot bedreiging vir die perde, het hulle toenemend laat verswak.
Die perde word steeds gevoer in die hoop dat die gesonder Stipagrostis obtusa-gras binnekort sal begin groei.
Die NWHF wag tans op die ministerie van die omgewing en toerisme se goedkeuring van kuratorskap oor die wilde perde.
Sou dit goedgekeur word, sal die perde tydelik na die plaas Kubub verskuif word.
Die NWHF het die opsie om die plaas te huur totdat 'n langtermynoplossing vir die perde gevind word.
Die perde het meer as 100 jaar gelede van dié plaas af gekom - vandaar die voorstel om hulle tydelik weer soontoe te skuif.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie