Groen Mambas reeds deur na semifinaal

Krieket
Andrew Poolman
Die 2017-2018 krieketseisoen het vir die Groen Mambas goed begin. Met 33 geregistreede spelers is die talent nou volop om die span kompeterend te hou.

Die semifinaal wat op 28 Oktober in Windhoek gespeel word, is weer in sig met die Groen Mambas reeds kwalifiseerders. Hulle hoop vir 'n beter resultaat as toe hul halfeindstryd van die eendagliga verlede jaar uitgereën het.

In die T20 tweede liga bevind die Mambas hulle tans in die gesamentlike tweede posisie met Oranjemund én Outjo se Northern Leopards (20 punte ná sewe wedstryde elk).

Die voorloper Otjiwarongo (24 punte ná agt wedstryde) se posisie is egter nog nie heeltemal veilig nie.

Die twee spanne in die wedloop vir die vyfde posisie, Zebras II en Windhoek Old Boys III, is elkeen op agt punte en kan dus nie meer die topvier inhaal nie.

In dié stadium onderhou die Mambas se span en spelers die Doc Jubber-veld op hul eie en die groep het twee naweke gelede self die gras gesny en die kolfblad voorberei sodat wedstryde daar gespeel kan word, sê die voorsitter, Hannes van Vuuren.

Spelers wat sover uitstaan met die kolf is Jaco Strauss wat met sy debuut vir die Mambas op 1 Oktober teen WHS Old Boys se derde span 107 geslaan het (7 sesse en 9 viere), asook Jaco Schoonbee wat 'n week later teen Otjiwarongo 87 van 44 balle geslaan het.

Op Saterdag 21 Oktober speel die Mambas teen Zebras se tweede span op Doc Jubber-veld. Kom ondersteun hulle gerus.

Die borge wat die dryfkrag agter die klub verleen, is WMAS, NEC Power and Pumps, Riya Sweets, Erongo Med, Super Tyres, Wangara Motor Spares, Plastic Packaging, Swanib Cables en Omnitel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!