Groen organisasies bal vuis oor bosbenutting
Burgerlike organisasies meen Namibië moet, eerder as om sy bosprodukte uit te voer, dit gebruik om sy eie krag op te wek en só ontslae raak van buurlande se “steenkoolgedrewe, vuil elektrisiteit”.
Elvira Hattingh
“Daar bestaan tans nog geen ooreenkoms vir die uitvoer van biomassaprodukte na Duitsland, Hamburg nie. So 'n ooreenkoms is afhanklik van die uitkoms van 'n deeglike en objektiewe haalbaarheidstudie.”
Só het mnr. Progress Kashandula, die uitvoerende hoof van die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG) Dinsdagmiddag gereageer.
Dit volg nadat verskeie burgerlike organisasies, insluitend Earthlife Namibia die afgelope Sondag, 'n mediaverklaring uitgereik het waarin hulle standpunt inneem téén die invoer van “Namibiese boshout” om in Hamburg se verhittingsaanlegte te gebruik. Die burgerlike organisasies sluit talle in wat in Duitsland gebaseer is en wat meen so 'n ooreenkoms sal nie “klimaatsvriendelik” óf “sosiaal regverdig” wees nie.
Hul hoofbesware is die lang afstand wat bosskerwe vervoer sal moet word, asook “veranderinge in grondgebruik” in Namibië. Ook, sê die groen organisasies, sal die grootste waardetoevoeging buite Namibië se grense plaasvind en sal geïndustrialiseerde bosbenutting tot werksverliese lei.
In die verklaring, wat ook onderteken is deur Earthlife Namibia se voorsitter, me. Bertchen Kohrs, word gesê dié wat hieruit bevoordeel word, sal hoofsaaklik in die globale Noorde geleë wees, “wat in staat sal wees om masjiene en voertuie te verkoop en hulself van rumateriaal te voorsien.”
Sy meen Namibië moet, eerder as om “60% steenkool-opgewekte, vuil elektrisiteit” van buurlande in te voer, die bos benut om self krag op te wek, eerder as om die bos te wil uitvoer.
Kohrs sê hiervoor moet volhoubare metodes vir die oes van bos toegepas word.
“Die bos moet slegs op die versigtigste manier moontlik geoes word, wat nie gewaarborg kan word as groot hoeveelhede vir uitvoerdoeleindes geoes moet word nie,” het sy gesê.
'nIE GESTAAF'
“N-BiG en sy lede is nie deur Earthlife Namibia of enige van die ander ondertekenaars van die verklaring gekontak nie,” het Kashandula egter gesê.
“Daarom is dit onduidelik tot watter mate Namibiese rolspelers vóór die uitreiking van dié verklaring gekonsulteer is om sulke sterk standpunte te staaf.”
Kashandula het verduidelik dat die “voortdurende gesprekke” oor die projek in September verlede jaar begin het toe 'n afvaardiging van Namibië Hamburg besoek het.
Die afvaardiging is deur mnre. Joseph Hailwa, Namibië se direkteur van bosbou, en Ned Sibeya van die Nasionale Beplanningskommissie gelei.
Nog verteenwoordigers van die regering, die bedryf, boere, verenigings, omgewings-nieregeringsorganisasies (NGO's), asook academici het die afvaardiging vergesel.
“'n Voorvereiste vir die vennootskap is dat sosioëkonomiese, asook ekologiese voordele oraloor die waardeketting moet geld.”
Kashandula sê dienooreenkomstig is 'n haalbaarheidsproses van stapel gestuur om 'n “wedersyds bevoordelende verhouding” te bewerkstellig en seker te maak soveel as moontlik van die waarde bly in Namibië.
Hy sê beide Namibië en Duitsland het op die proses besluit, wat insluit dat werkgroepe asook openbare konsultasiesessies gehou word en waarvan die finale uitslae middel 2021 verwag word.
“Buiten vir N-BiG, word Namibië in dié proses verteenwoordig deur onder meer die Duitse ambassade, die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, die Namibia Nature Foundation (NNF), die Walvisbaai Korridorgroep (WBCG), asook die Forest Stewardship Council (FSC) se raad vir Suider-Afrika,” het hy verduidelik.
Nog besware in die burgerlike organisasies se verklaring is dat geen openbare, oop debatte nog hieroor gevoer is nie, wat op 'n gebrek aan deursigtigheid en demokratiese beheer neerkom. Besware word ook geopper omdat dié vennootskap met spesifiek Namibië gesoek word, wat 'n Duitse kolonie was.
Hulle doen 'n beroep op Hamburg se omgewingsbeskermingsowerhede om op te hou om die projek na te jaag.
“Die ongegronde beroepe . . . is klaarblyklik nie gebaseer op belange om Namibië se ekonomie te ontwikkel of om werksgeleenthede vir sy mense te skep nie,” het Kashandula gesê.
Hy sê N-BiG is 'n niewinsgewende Artikel 21-maatskappy wat die private sektor, asook verskeie academici in die plaaslike biomassasektor verteenwoordig.
“Deel van ons mandaat is om markgeleenthede te verken en die bedryf te diversifiseer,” het hy gesê en bygevoeg dat dit onder meer verskeie plaaslike projekte steun, soos die ontwikkeling van die NamPower 40 MW Otjikoto Biomassa-aanleg naby Tsumeb.
“Ons voel dat beide plaaslike asook internasionale geleenthede in sinergie verken moet word sodat ons 'n ekonomie van skaal kan bewerkstellig en die voordele van dié groot hulpbron moet benut.”
Hy sê die plaaslike biomassasektor het oor die afgelope vyf jaar sy arbeidsmag van 6 000 tot 11 000 vergroot en gehelp om belangrike maatreëls in te stel wat omgewings- en maatskaplike volhoubaarheid verseker.
“'n Sterk bos-biomassasektor sal geleenthede bied vir beide ongeskoolde arbeiders, asook vir 'n formeel opgeleide werkslui . . .” het hy bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie