Groentemark op Tsumeb sal blom
Ná jare lyk dit of die groentehandelaars se wag vir ’n nuwe perseel amper verby kan wees.
Augetto Graig
Tsumeb se bekende informele groentemark langs Dr. Hage Geingobrylaan se blomtyd kom, met bouwerk reeds 70% voltooi op die nuwe perseel waarheen die lekker vars winskopies binnekort verkry sal wees.
Volgens die munisipale dorpsingenieur, mnr. Manuel Pedro, is die opening van fase 1 in sig, hoewel hy nie ’n vaste datum wou voorspel nie.
Die projek om informele groentehandelaars binne ’n splinternuwe perseel te huisves, kom al jare nadat die plaaslike boerevereniging aanvanklik in 2014 ’n nuwe mark sou help bou.
Dit het nie geskied nie, maar in 2018 kry die munisipaliteit steun van die Dundee-gemeenskapstrust en ’n tender is in die volgende jaar uitgereik. Volgens Pedro was die terugvoering dat kontrakteurs baie duur pryse wou vra en later is besluit om liewer studente vanaf die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (NIMT) en Tsumeb se COSDEC opvoedkundige sentrum in te span.
Bouwerk het in September 2019 afgeskop, met die oog op die bou van 12 persele vir klein en medium onderneming, stalletjies vir tot 90 groentehandelaars, ’n kapana-afdeling en ’n ablusieblok, as deel van fase 1.
Hierna sou die begroting vir fase 2 opgestel en die moontlikheid vir uitbreiding verder oorweeg word, sê Pedro.
Die bouwerk was egter verder vertraag weens swaar reën en die impak van die nasionale inperking in reaksie tot die uitbreking van Covid-19 in Namibië. Dit was in April vanjaar toe dié omstandighede saamgespan het om die dorp se groentesmouse swaar te knou.
Op 16 April het die dorpsraad ’n kennisgewing aan die handelaars onder die vyeboom en langs Dr. Hage Geingobrylaan uitgereik, dat onwettige strukture daar verwyder sou word.
Die afbreek van die strukture waar groentehandel bedryf was, het op 20 April geskied. Twee dae later het munisipale tegniese personeel nuwe afmetings begin afmerk en beplan hoe om higiëniese toestande vir handel te verseker.
Geregistreerde handelaars het tydelike geskiktheidstoestemmings ontvang om vanaf die voorbereide werf noodsaaklike kosse te verkoop, nadat dit aan die voorgeskrewe regulasies van die Covid-19 noodtoestand voldoen het.
Op 27 April is toestemming aan smouse langs Hage Geingob, 14 handelaars by Omatara en ook dié by die Sida !hanab gemeenskapmark gegee om weer besigheid te doen.
“Die munisipaliteit hou die beste belang van die informele handelaars voor oë. Ons het die regulasies vanaf die eerste fase van die Covid-19 inperking toegepas en voldoen aan die gesondheidsministerie se regulasies.
“Covid het wel die handelspersele geraak en ons moet verseker die handelruimtes voldoen aan vereistes. Handelaars is meestal nou weer geakkommodeer, hoewel nog nie almal nie,” sê hy.
Volgens Pedro word ook in die Kavukiland nedersetting werk gedoen om ’n werf vir ’n informele mark skoon te maak en om die koste van die bou van infrastruktuur daar vas te stel.
Intussen is die meerderheid van Tsumeb se registreerde groentesmouse weer aan die werk, met ’n paar stalletjies by die Sida !hanab sentrum nog beskikbaar.
Die lank verwagte nuwe Tsumeb Vrugte en Groente Middelpunt sal ’n nuwe groeipunt in Tsumeb vir varsprodusente inkopiegeleenthede skep. Dit sal strek vanaf net agter die sypaadjie waar die Hage Geingobrylaan handelaars nou sit, en sal koppel met die bestaande Sida !hanab sentrum, om ’n groot oop en hopelik lewendige ervaring van varsheid en natuurskoon aan Tsumeb se inwoners en besoekers te bied.
Dié middelpunt maak ook genoeg voorsiening vir parkeerplek en die aflaai van lorries, voeg hy by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie