Groep vorm nie deel van volksmoordsaak
Groep vorm nie deel van volksmoordsaak

Groep vorm nie deel van volksmoordsaak

Die OvaHerero, OvaMbanderu en Nama Tradisionele Owerhede sê hulle is nie op die oorlogspad met die Duitse regering nie.
Maria Eiseb
Maria Eiseb



Leiers van Ovaherero, OvaMdanderu en Nama Tradisionele Owerheid (ONCD 1904) het gister by UN Plaza in Katutura vergader oor die stand van sake met die Duitse regering oor die volksmoord van 1904.

Volgens die adjunksekretaris van ONCD 1904, mnr. Freddy Nguvauva, is hulle nié deel van die groep wat die Duitse regering by die Amerikaners oor die volksmoord aangekla het nie. Hy sê ONCD 1904 is nie oor die hofsaak ingelig nie.

Die leiers van ONCD 1904 vra dat die adjunkpresident, dr. Nicky Iyambo, hulle met onderhandelinge met die Duitse regering oor die herstel van die volksmoord help.

Hulle vra ook dat Iyambo die leiers deurentyd sal inlig oor besluite wat die Duitse en die Namibiese regerings neem.

Nguvauva het gesê hoewel hulle nie op die oorlogspad met die Duitse regering is nie, hulle planne het waaroor hulle nie nou wil praat nie.

Hy het voorts gesê hulle het die aanstelling van die spesiale gesant van die Namibiese regering, mnr. Zedekia Ngavirue, nie verwerp nie, omdat hy ook 'n afstammeling van die slagoffers van die volksmoord is.

Volgens die raadslede het die onderhandelinge 'n kritiese punt bereik en het hulle besluit om die breë gemeen-skap in te lig.

'n Lid van die tegniese komitee, me. Maria Katjaita, het tydens die vergadering gesê hulle sal aandring daarop dat die Duitse regering om verskoning vra en vir die volksmoord moet vergoed.

“Dit is 'n kwessie van gee en neem. Ek weet nie hoe hulle dit sal doen nie, of waar hulle sal om verskoning vra nie,” het Katjaita gesê.

Sy het gesê enigiemand wat uitgesluit voel of meer inligting wil hê, kan die vergaderings bywoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!