Groepeis teen Duitsland skop af
'n Groot afvaardiging Herero's en Namas woon die hofverrigtinge in New York by.
'n Voorverhoor in die groepeis waarin die Herero-opperhoof, adv. Vekuii Rukoro, en andere die Duitse regering in 'n New Yorkse distrikshof die stryd aansê, sou gister om 18:00 Namibiese tyd begin het.
Distrikshofregter Laura Taylor Swain behartig die voorverhoor.
Volgens 'n verklaring deur die Herero- en Nama-groepe se regsverteenwoordigers, McCallion & Associates, lei Rukoro 'n afvaardiging van ongeveer 50 verteenwoordigers van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe uit Namibië, Botswana, Suid-Afrika en Brittanje wat die verhoor bywoon.
Volgens die verklaring sal 'n regsverteenwoordiger vir die eerste keer namens Duitsland 'n verskyning maak.
Vandag word 'n lesing oor die volksmoord in die Duitse koloniale tyd tussen 1904 en 1908 deur die Vereniging van die Ovaherero-volksmoord in Amerika by die Schomburg-sentrum in New York aangebied.
Rukoro het op 5 Januarie 2017 die saak in New York aanhangig gemaak waarin skadevergoeding vir die volksmoord geëis word. 'n Hofbevel is ook gevra om te verseker dat die geraakte gemeenskappe nie van onderhandelinge tussen die Duitse en Namibiese regerings uitgesluit word nie.
Die wederregtelike onteiening van die Herero's en Namas se grond en die beslaglegging van hul vee tydens die koloniale tyd vorm ook deel van die klagstaat.
Volgens die verklaring was herhaalde versoeke deur die geraakte gemeenskappe om by die onderhandelinge tussen Duitsland en Namibië vir 'n skikking betrek te word onsuksesvol.
Volgens die klagstaat is Namibië en Duitsland ondertekenaars van die Verenigde Nasies (VN) se verklaring oor die regte van inheemse mense, wat op 13 September 2007 deur die Algemene Vergadering aanvaar is. Artikel 18 van die verklaring bepaal dat “inheemse mense die reg het om deel te neem aan besluitneming oor sake wat hul raak en hul regte mag beïnvloed, deur hul eie afgevaardigdes te kies”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie