Groepering in skole
Sommige skole deel leerlinge in groepe vir doeleindes van sosiale afstand.
Tanja Bause en Kristien Kruger - Verskeie skole in die land verdeel leerlinge in groepe sodat hulle aan sosiale afstandregulasies kan voldoen.
Leerlinggetalle vermeerder egter van volgende week af wanneer nog twee grade terugkeer skool toe.
Die graad 7- en 9-leerlinge sal komende Maandag terug by die skool wees, terwyl sommige skole glo reeds sukkel om plek vir leerlinge te maak én steeds aan Covid-19-regulasies te voldoen.
Die Primêre Skool Helene van Rhijn op Lüderitz en Laerskool Moses van der Byl in Windhoek is voorbeelde van laerskole wat reeds hul graad 0 tot 3 kinders in twee groepe verdeel het.
Volgens Helene van Rhijn se skoolhoof, me. Esmeralda Cloete, meld die eerste groep om 07:30 by die skool aan.
“Skool begin eers om 08:00, maar die 30 minute gee ons kans om al die kinders met handreinigers te ontsmet en hulle temperatuur te meet. Sodra ons dit gedoen het en hulle op die skoolgrond is, gaan hulle direk een vir een na hul klas toe waar die onderwysers wag. Die klasse is in twee gedeel en dus geld sosiale afstand ook hier te alle tye,” het sy gesê.
Om 11:00 kom die tweede groep skool toe wie se klasse om 11:30 begin.
Hoërskole sukkel glo nog nie veel met dié probleem nie, omdat graad 11 en 12 met eksamen begin voordat graad 9 terugkeer en reeds klaarmaak voordat graad 8 en 10 moet begin.
Windhoek Hoërskool se onderhoof, me. Dinette de Beer, het aan Republikein gesê hulle is ook van plan om leerlinge in groepe te verdeel wanneer alle grade terug is.
“Ons graad 11 en 12 begin met eksamen wanneer graad 9 Maandag kom. Graad 11 en 12 skryf in die saal en daar is klaskamers oop vir graad 9.
“Graad 11 en 12 sal teen 3 Augustus klaar wees met eksamen en sal nie meer by die skool wees nie. Dan gaan die graad 9-leerlinge alleen op sekere dae skool toe kom en die graad 8- en 10-leerlinge die volgende dag,” het sy gesê.
Volgens Windhoek Gimnasium se hoërskoolrektor, mnr. Abrie Myburgh, het hulle genoeg klaskamers om alle leerlinge te akkommodeer en steeds sosiale afstand te handhaaf. Hy meen dit sal nie nodig wees om hul leerlinge te verdeel nie.
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het reeds met die aankondiging dat skole gaan heropen, gesê leerlinge word nie verplig om terug skool toe te gaan nie.
Volgens Myburgh is die meerderheid van Windhoek Gimnasium se graad 11- en 12-leerlinge tans by die skool.
“In ons graad 11- en 12-groep is daar min kinders wat gebruik maak van ons tuisonderrig, maar ek vermoed meer leerlinge vanuit ons laer grade gaan by die huis bly.”
Die skoolhoof van Laerskool Moses van der Byl, me. Clara Basson, het aan Republikein gesê ongeveer 50% van hul graad 0- tot 3-leerlinge maak tans gebruik van hul hulpbronne vir tuisonderrig en kom nie skool toe nie. - [email protected]/
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie