Groete, van Kameeldoringdraai
Elvira Hattingh - “Julle maak my goete deurmekaar.”
Jan van Vuuren beloer die Londense sekuriteitsbeampte op die Heathrow-lughawe onderdeur sy woeste, rooi wenkbroue.
Die sekuriteitsbeampte frons in die rigting van die effe intimiderende grootbaas. Hy het nog nooit so ‘n mens gesien nie: wakker blou oë, sonverbrande vel en songebleikte wenkbroue. En hy tree op asof hy baas van dié plek is.
“Sorry sir, I don’t understand?” Effe geïrriteerd. Is dit dan Hollands wat die man met hom probeer praat?
“I says, you make my stuff confused.”
“Sorry, do you mean you are confused?”
“Lyk ek vir jou blerrie confused? Ek sê, wat soek jy tussen my poepvangers?” Van Vuuren klap sy kleretas toe en begin dit toezip, met die man se hande nog binne-in.
“Mister Wên Wuuren, what is the purpose of your visit to London? Can I see your passport?” Die Brit se verontwaardiging maak hom bleek om die kiewe.
Dis toe wat Jan uit die hoek van sy oog sy seun sien nader stap. “Is there a problem?” vra Klein-Jan sommer so met die naderstap, sy vlieënierrange blink op sy skouer.
“Klein-Jan! Hierdie man praat van ‘n purrpis, dit klink of hy ‘n kat tussen my sokkies soek wat purr en . . . ”
“Pa! Dis genoeg! Thank you sir, I willl handle it from here.” Pa en seun groet hartlik. Daar lê duisende kilometers en jare se verlange tussen Afrika en Engeland. Wanneer laas het iemand hom Klein-Jan genoem?
“Hoe gaan dit met my kleinkinders, Klein-Jan? Moet ek nou Ingels met hulle praat?
“Dis hul eerste taal, Pa.”
Op pad huis toe stop hulle by ‘n vulstasie.
“So jy sê hier roep hulle jou ‘Jouhaan’? Soos die een wat soggens kraai?”
Die oubaas klim stywebeen uit die motor.
“Ek moet bietjie die ou bene reguit maak en ek sal sommer vir jou brandstof betaal,” sê hy vir Klein-Jan en wend hom na iemand wat verbystap.
“Throw in petrol, please. Five hundred dollar. And the wheel is flat. Give it wind, please.” Die man duik verskrik ‘n ander rigting in.
“Pa, nee! Hier gooi ons self petrol in.”
Terug op die snelweg vervat die gesprek.
“Wanneer kom julle terug, Klein-Jan?”
“Ons het ‘n goeie lewe en ‘n blink toekoms hier, Pa. Die kinders is veilig.”
“Kameeldoringdraai is vir die vyfde geslag in die Van Vuurens se besit. Ons plekkie in Afrika is duur – met sweet en bloed gekoop.
“Ons praat van grondonteiening, plaasaanvalle, misdaad . . . Daai onbetaalbare rekening is steeds nie betaal nie, Pa. Na my mening het dit onbekostigbaar duur geraak!”
“My wegloopkind van Afrika.”
“Pa, hier betaal my kinders niks.”
Nee, hulle het betaal met die verlies aan hul taal, kultuur en bykans 400 jaar se geskiedenis in Afrika. Maar vir een keer sê Grootbaas van Vuuren niks.
“Wie sal nou op Kameeldoringdraai boer?”
“Mense se groot gehonger na grond sal sorg dat ook Kameeldoringdraai nooit verlate sal wees nie.”
Die growwe plaashande vroetel aan sy ruwe, rooi baard. Hande wat steeds elke dag ‘n woestynland tem, uit die barre aarde kos produseer. Hande wat sonvlekke soos eretitels dra.
“Sprei jou vlerke, Klein-Jan. Waar ook al. My hart móét vir julle ‘n toekoms sien.
“Mamma Vuurtjies sou dit ook so wou gehad het.”
En iewers in Afrika gaan die son rooi oor ‘n Kameeldoringdraai onder. Tydens ‘n droogte soos vanjaar, maak woestynstof sonsondergange ekstra rooi.
Bloedrooi.
Dog hartverskeurend mooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie