Groetslag by die kruispad
Des Erasmus - Daar is belewenisse in die wagkamer voor die laaste skof.
So op ‘n mespunt word alles omgekeer, word ‘n mooi reis van tagtig jaar die mindere teenoor ‘n kortetjie wat nog voorlê. Die lewe word net ‘n neutedop. Die nagereg is 'n dobberbootjie na oseane waar rus is en waarin afskeid soos in ‘n juweelkissie verpak is. Die dwarshout van die lewenskruis word die stut en die wegwyser na die laaste mooi van sagte mere waar die nimfe speel.
Juis by waterplekke word weer stilgestaan. Dis weer by Lüderitz met sy Diazkruis. Dis sagte skuim van ‘n klotsende brander wat jou sonkant streel, of Hardap wanneer die sluise oopgetrek word. En dan weer die magtige Ruacana met sy sproei. Of dis die jaar toe die Kalahari reën gekry het.
Eensklaps trek ‘n gordyntjie weg en jy staan weer op die drumpel van ‘n nering wat ‘n lewe geword het. Dis Soekie Opperman wat weer jou eerste werkstasie by ‘n lessenaar uitwys en jou die geheimenisse van ‘n Royal-tikmasjien wys. Charlie Hoeflich as jou eerste redakteur, die drietalige Charlie wat ook as Karnavalprins kon dien. Toe Die Suidwester waar Frans van Zyl die septer swaai. Vriendskapsbande met manne soos Piet Maartens, die Jacobie-broers en Deon Kriel. Almal manne en vroue wat hul opdragte as groter as hulleself beskou het.
Toe Republikein met sy trawante – Sondag-Republikein, Tempo, Windhoek Advertiser en die Allgemeine Zeitung. Die absurde verwagtinge van om ‘n baas te wees terwyl hierdie mense die strydrosse aan jou sy was. Soms hul goedige lag wat in die laaste akkers jou salwing word. Mededingers wat nogtans vrinne was – Hannes Smith, Angel Engelbrecht, Kurt Dahlmann en in latere jare Sarel de Beer, Carol Kotzé, Kettie Cloete (“Ons sal hierdie koerant nooit uitkry nie”).
Dagsê, kêrels!
Daar was lof en veroordeling. Juis ‘n geprys wat my byna op ‘n dwaalspoor gebring het. Eers later het die regte verwerking daarvan ingetree. God het die woord gegee, die woord het die lof gedra en jy was net die middelman wat die masjien gestook het. Jy’s net die kneg wat in die skadu van die Meester beweeg. En daar was die kere wat skryfsels seergemaak het. Nooit was kwaad bedoel nie. Dit was net sienings in botsing. Kan van vyande nie onthou nie.
Vir baie joernaliste was buitelandse opdragreise ‘n droom. Ek kon dit nie vat nie. Elke dag was daar die groot verlange huis toe, Suidwes-Afrika toe, Namibië toe. Wanneer in die ruimtes beduie was waar die landsgrense lê, was ek altyd van die eerste wat opgespring het. En ek het gewonder wie op die lughawe ook op my wag, want ek het verlang.
Ek het alle kinders liefgehad. Waarvoor ek nooit begrip kon kry nie, maar tog aanvaar het, was die dood van my twee seuns. Die leemte het ‘n dogter kom vul. Nou die aand soveel te meer toe sy kom groet het.
Ek sê dankie Heer vir hoe U oor my gewaak het. Die dag toe die panga my op Grootfontein misgekap het, die keer toe ‘n brander my by Möwebaai van ‘n rots kom klots het, toe ek by Mariental in stormwater beland het of toe die kar by Karibib gerol het.
Miskien juis omdat ek nou ‘n terugskouer is, is my stem van my weggeneem. Ek kommunikeer met klokkies en briefies met die engele wat om my waak. En hulle lees vir my elke boodskappie wat elkeen stuur. Dan bring my Leidsman my weer tot waar ek hulle vas in die oë kan kyk.
Soos wat beweeg word, voel ek die sagste welf van my sterkste kruk. Dis my Bonnie wat saam met my beweeg.
Maar eendag, eendag, gaan die kring voltooi word.
God sê Hy maak alles nuut.
Ek sê voorlopig, voorlopig, dalk net vir eers.
Ek sê koebaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie