Grond bly u2019n warm patat
Grond bly u2019n warm patat

Grond bly ’n warm patat

Kundiges maan dit sal tyd neem om die land se grondkwessies die hoof te bied.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die rapport oor hoe die land gevaar het wat die inwerkingstelling van die 40 besluite van 2018 se tweede nasionale grondberaad betref, toon gemengde uitslae.

Kundiges maan dit is ’n ingewikkelde kwessie wat tyd sal neem, maar die ongelyke verdeling van grond in Namibië laat die nekhare bly rys en gevoelens opvlam.

Prof. Henning Melber, ’n ontleder, sê by navraag: “Die grondberaad kon nie die grondvraagstuk oplos nie, en om dít van ’n beraad te verwag, is heeltemal onrealisties.”

Wat die kwessie van die herstel van grondregte betref, wys Melber daarop dat minder as 5 000 hoofsaaklik wit kommersiële boere 48% van die grond in Namibië besit, terwyl 35% oorbly vir kommunale gebruik en 17% in staatsbesit is.



BEGRIP BENODIG

Mnr. Willem Odendaal, ’n konsultant verbonde aan die Regshulpsentrum (LAC) se projek vir grond, omgewing en ontwikkeling (LEAD), het onlangs gesê: “Daar moet begrip wees vir die feit dat grondhervorming ’n moeilike proses is, en dit is ’n duur proses. Dit is egter ook ’n belangrike proses vir politieke en ekonomiese bestendigheid.”

Hy het gemaan ’n ontleding van hoe die inwerkingstelling van die 40 besluite van voorverlede jaar se grondberaad gevaar het, moet geskied teen die agtergrond van befondsingsuitdagings en die Covid-19-pandemie.

Volgens hom is die maklike deel om grond te bekom – gesteun deur Namibiese wetgewing.

Grondhervorming eindig egter nie by die herverdelingsproses nie, sê hy. “Die sukses hang af van of mense ’n bestaan kan maak uit die grond sodra hulle dit bekom het en die ondersteuning en eiendomsreg wat hulle daarna kan verkry.”



Melber en Odendaal stem saam dat ofskoon die besluite ’n tree in die regte rigting was en sommige reeds uitgevoer is, het die besluite gepoog om talle oorvleuelende perspektiewe te huisves en kon meer samehangend en bondiger gewees het.

- [email protected]

· Lees ’n uitgebreide berig in die November-uitgawe van Die Boer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer