Grond: Die goeie en slegte nuus
Grond: Die goeie en slegte nuus

Grond: Die goeie en slegte nuus

Nuwe digitale inligtingstelsels sal kort voor lank aanlyn vir die publiek beskikbaar wees.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die ministerie van grondhervorming kon in die 2017-’18 boekjaar slegs 16 nuwe plase van 320 200 ha teen ’n totale onkoste van N$164,6 miljoen aankoop.

Altesaam 12 huisgesinne is in dié tydperk hervestig.

Dié statistiek kom uit die minister, mnr. Utoni Nujoma, se jaarlikse toespraak aan sy span, wat gister by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek gelewer is.

Volgens hom is dié getal heeltemal te min gegewe die hoeveelheid huisgesinne wat grond benodig.

“ . . . die hoeveelheid grond wat uiteindelik aangeskaf word, is steeds veels te min gegewe die huidige vraag daarna te oordele aan die hoeveelheid aansoeke vir geadverteerde plase. Hierdie trant het ’n voortdurende negatiewe impak op die ministerie se prestasie,” het hy gesê.

Ná die fase waarin hervestigingsondersteuning gebied word, volg ’n fase waarvoor die ministerie 170 sonkrag- waterpompstelsels moes aanskaf om 132 boere te ondersteun.

Nog vier plaaseenhede in die ||Kharas streek het by die installering van sonkrag gebaat.

Nuwe boorgate is op die plase Mbabi in die Omhahekestreek, Klein Otuwapa in die Erongostreek, en Wagnog en Wermer, beide in die Otjozondjupastreek, aangelê.

Plase in die Erongo-, Kunene- en Otjozondjupastreek gaan nog nuwe heinings kry, het hy gesê.

Utoni het ook verslag gedoen oor vordering met die versekering van grondregte in kommunale gebiede.

“Die kwessie van versekerde verblyfreg is werklik kommerwekkend vir die meeste van ons belanghebbers en . . . die ministerie werk saam met ontwikkelingsvennote soos die Europese Unie, KfW (’n Duitse ontwikkelingsbank) en GIZ (’n Duitse ontwikkelingsagentskap) om die registrasie van bestaande regte oraloor die land te bevorder,” het hy gesê.

Gedurende die 2017-’18 boekjaar is 1 423 grondregte geregistreer, 683 stukke grond gekarteer en 3 257 grondregte op die databasis bygewerk.

Landkaarte van 1 292 dorpies is voltooi met 1 039 betrokke grondregte wat aangeteken is en 1 037 sertifikate wat uitgereik is, het hy gesê.

Wat hervestiging betref, is 27 huurkontrakte van 99 jaar elk onderteken, wat meer as N$49 000 vir die ministerie ingebring het in hervestigingshuurkontrakte, en sowat N$170 000 in kommunale grond-kontrakte.

As deel van die ontwikkeling van kommunale grond, ook bekend as die PCLD, is waterinfrastruktuur op Okongo-Wes in die Ohangwenastreek vir die Onghalulu-koöperatief se benutting aangelê.

In die Zambezistreek word agt boorgate in die Mayeyi- kommunale gebied aangelê.

In die Omusatistreek is infrastruktuur vir die plaas Otjetjekua sowat 95% voltooi. Op Ongandjera-Wes is die werksaamhede 98% afgehandel, met slegs die oprigting van ’n 19 km lange heining uitstaande.

Op Amarika is 75% van bouwerk voltooi, omdat ’n pyplyn daar nog getoets moet word, en die Okatumba Star-stasie en heining van 68 km is reeds voltooi.

Die ministerie verskaf opleiding en mentorskap aan 1 528 boere in die Omusati- en Kavangostreek.

Verder het 164 boere in Kavango-Oos en -Wes opleiding in die praktiese aanwending van produkte ontvang.

In terme van grondbelasting het die ministerie 1 254 belastingaanslae ter waarde van N$16,59 miljoen uitgereik.

“Gedurende die 2017-’18 boekjaar kon die ministerie nie algemene aanslae deur middel van die 2012-waardasierol uitreik nie, weens ’n hofsaak wat op 19 Februarie voortgesit sal word.

“Ek hoef nie te noem die hangende hersieningsaak belemmer die toepassing van grondbelasting op kommersiële landbougrond in Namibië ernstig nie. Nietemin gaan voorbereiding vir die 2017-’22-waardasierol voort en dit sal in die loop van die jaar in die waardasiehof verdedig word,” sê hy.

Goeie nuus is vordering met ’n rekenaarstelsel vir die registrasie van aktes, wat volgens Nujoma bemoedigend is.

Digitale rekord van geologiese inligting oor 49 nedersettings is geneem, en topografiese datastelle vir die Kavango-Oos- en Kavango-Wes-, Otjozondjupa- en Erongostreek word hersien.

By dieselfde geleentheid het mnr. Ndilipunye Shanyengana, die landmetergeneraal, bevestig dié inligting sal vir die publiek aanlyn toeganglik wees sodra die proses voltooi is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!