Grond kan bou of breek
Die onlangse retoriese vraag van pres. Hage Geingob aan wie Windhoek behoort, het net een logiese antwoord.
Aan almal.
Daarom moet Stad Windhoek op 'n gebalanseerde wyse alle inwoners en besoekers se belange dien.
Die staatshoof het die vraag gestel in konteks van voorvaderlike grondeise.
Tradisionele leiers is nou ontevrede die kwessie is nie prominent genoeg op die agenda van Oktober se grondkonferensie nie. Op die sakelys is dit wel.
Alle Namibiërs moet hulself afvra of dele van ons land weer die voorkoms van groepsgebiede moet kry. So iets druis teen die gees van die Grondwet in en kan etniese vure net hoër aanblaas.
Onteiening sonder vergoeding – buiten in ekstreme gevalle – kan ekonomies vernietigend wees, selfs al neem dit nie die vorm van Zimbabwe se grondgrypbeleid aan nie. Só 'n beleid kan grond waardeloos maak.
Dat 70% van kommersiële grond steeds aan voorheen bevoordeeldes behoort, kan moeilik as regverdig verdedig word. Die toets is om modelle te ontwikkel wat die balans kan verbeter.
Grond self waarborg nie welvaart of bemagtiging nie. Aandeelhoudingskemas en opleiding is net twee van talle sleutelkwessies, eerder as om opnuut grond weg te gee en die landbousektor te verarm.
In bitter moeilike ekonomiese tye word baie geld weens die belang van die grondkwessie op die indaba spandeer. Dit mag om beide redes nie misluk nie.
Talle kwessies sal waarskynlik steeds ná die beraad verder deurtrap en ontleed moet word. Klinkklare, onuitvoerbare of ondeurdagte resolusies sal almal benadeel.
So sê ander
19 September 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die erkenning van die departement van basiese onderwys dat hy radeloos is oor toenemende geweld in skole, spreek nie net van 'n onderwyskrisis nie. Dit spreek van 'n ganse samelewingskrisis.
Navorsing het al gewys geweld in skole is een van die vernaamste faktore wat voornemende studente afskrik om die onderwys as beroepsrigting te kies. Die eerste praktiese stap sou wees om 'n behoorlike studie te doen van skole waar swak onderrig en 'n geweldkultuur doeltreffend omgekeer is. Daar is talle sulke voorbeelde en waardevolle leidrade kan só gekry word om 'n nasionale krisis te bestuur. Laastens is dit die hele samelewing se taak om met 'n breër betrokkenheid ons skole as plekke van veiligheid en koestering te vestig. So nie sit ons meer as vier dekades ná 1976 met nóg 'n verlore generasie. Dít kan ons nie bekostig nie. • NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie