Grond moet inwoners bemagtig
J. A. Rossouw skRyf:
Na aanleiding van 'n voorbladartikel in 'n Engelstalige dagblad van 18 deser met die opskrif: “Tabacco farm saga smouldering,” die volgende.
Die beoogde tabakverbouing, op 'n reuseplaas van 10 000 hektaar in die Zambezi-streek se kommunale gebied, was verlede jaar ook in die nuus. Na die negatiewe reaksie wat die berig tot gevolge gehad het, het almal gehoop dat die regering en die mense daarby betrokke van die plan afgesien het. Nou het die ministerie van omgewing en toerisme egter 'n “clearance certificate” uitgereik om dit moontlik te maak om met die verbouing van tabak voort te kan gaan.
Hierdie beoogde tabakplaas is nie net van ons vrugbaarste landbougrond nie, maar beskik oor voldoende standhoudende waterbronne om voedselsekuriteit vir derduisende Namibiërs te verseker. Voedselsekuriteit is die grootste enkele probleem wat Namibië, te midde van toenemende aardverwarming, suksesvol moet hanteer. Dit is 'n probleem op die hele vasteland van Afrika.
DIE BEWYSE
Om dit te begryp, verwys ek na enkele koerantopskrifte van 2016.
Republikein van 11 April 2016: “Ministerie help 3 319 met droogtehulp – Ministerie vra N$2 415 159 000 in begroting”
Op 9 Julie 2016 berig Republikein: “Bemagtig die armes, versoek Kameeta – Sowat 400 000 Namibiërs uit armoede opgehef.” Biskop Kameeta sê onder andere: “Ons bevind ons in 'n wêreld waarin geld 'n aggressiewe god geword het en oor elke aspek in ons lewe regeer.”
Op 27 Julie 2016 berig Republikein: “'n Derde van Namibiërs ly honger”.
Op 01 November 2016: “Klimaatsverandering en die impak op voedselsekuriteit – Regering moet kleinboere ondersteun”
Op 3 September 2016 berig die eerste minister in 'n Engelstalige koerant: “600 000 of rural folk in drought fix” en gaan voort: "The drought in Namibia has affected a total number of 729 314 Namibians. 595 839 of those affected, live in the rural areas and are in need of direct food assistance, with an estimated quantity of 83 363,79 metric tons of maize meal required.”
Informanté berig in sy uitgawe van 15 Desember 2016 tot 11 Januarie 2017: “Service providers milked the food security project. N$10b loss in Green Scheme – The Ministry of Agriculture, Water and Forestry (MAWF) is not willing to investigate the loss of almost N$10 billion dollars in the Green Scheme in the last ten years and instead chooses to casually refer to the scheme as not doing well.”
Op 15 Desember 2016 berig Republikein: “Study: Africa will go hungry by 2050”.
DRA DIE REGTE VAARDIGHEDE OOR
Hierdie artikels kan saamgevat word as volg:
Voedselsekuriteit is die hoogste prioriteit vir Namibië en die regerings van Afrika met hulle snel groeiende bevolkings. Namibië se Groenskema, om voedselsekuriteit te verseker, is nie haalbaar nie en die oorsake moet grondig ondersoek en reggestel word.
Die Tulongeni-projek, om 40 000 huishoudings in die Noorde te help om genoeg voedsel vir eie gebruik te produseer, is prysenswaardig. Maar wat van die res van die kommunale gebiede?
Tuinbou op laerskoolvlak behels om kinders te leer om groente (in houers) tuis te kweek.
Praktiese landbou op sekondêre vlak moet onverwyld ingevoer word, om kinders te leer om landerye te bewerk en groente en graan te verbou om tuis te verbruik en die res te verkoop. Hierdie vaardighede is noodsaaklik om voedselsekuriteit te verseker.
Op bladsy 3 van The Namibian van 5 Januarie 2017 is daar 'n foto van die president met die onderskrif : “Go Geingob Go …. President Hage Geingob trying his best to control a donkey-drawn plough yesterday during the launch of Operation Tulongeni in Onamundindi Village near Ongongo in the Omusati region.”
Dis nie 'n “plough” of ook nie “a donkey-drawn Oshiwambo traditional hoe” nie. Die implement wat deur die twee donkies getrek word, is 'n “cultivator”. Die apparaat word gebruik om tussen rye plante of in boorde te skoffel. Gewoonlik word net een trekdier gebruik.
Om optimale oeste te verkry, is regte werktuie en die korrekte metode van grondbewerking noodsaaklik. Om grond voor te berei om mielies/graan te plant/saai, word grond geploeg en ge-eg.
DIE GRONDKWESSIE
Tweedens is dit noodsaaklik dat daar onverwyld aan die grondvraagstuk, met die wysheid van Salomo, aandag aan gegee word. Die meeste Namibiërs is grondloos en wil bitter graag hulle eie grond bekom. Hoe die regering kommunale, munisipale en kommersiële grondsake hanteer, is van die uiterste belang om vrede, vooruitgang en voedselsekuriteit in Namibië te verseker.
Die nuwe konsepwetgewing wat die minister van grondsake in Desember verlede jaar ter tafel gelê het, het wye en negatiewe reaksie uitgelok. Daar word daarop aangedring dat dit voorafgegaan moet word deur 'n tweede grondkonferensie.
Dit word deur die betrokke minister teengestaan. Sien die voorbladartikel van The Namibian van 19 deser: “Lands minister refuses to withdraw Land Bill”.
NEE VIR TABAK
Deur 10 000 hektaar van die beste landbougrond en daarmee saam meer as voldoende besproeiingswater aan die Chinese te gee - om tabak te verbou - ten spyte van die besware/wense van die Zambezi Kommunale Grondraad en gemeenskappe, is moeilik te begrype.
Dis die inwoners van die land wat grondloos word, en elders gevestig moet word. Hulle sal seker toegelaat word om as arbeiders op die grond aan te bly. Iemand wat die verskil tussen 'n arbeider en 'n grondeienaar ken, weet wat die besluit om die grond tot die beskikking van die Chinese te stel om tabak te verbou vir die kommunale inwoners gaan beteken.
Deur dieselfde grond in 1 000 plotte van 10 hektaar elk te verdeel en aan 1 000 werklose gesinshoofde te gee, beteken dat 6 000 of meer mense 'n bestaansekonomie kon voer. Hulle sal dus van die boeke van die ministerie van armoedeverligting verdwyn en trotse grondeienaars raak.
As hierdie grondeienaars opgelei word om kommersiële boere te word, beteken dit dat hulle arbeiders moet aanskaf om hulle te help. Dit beteken dat die werkloosheidsprobleem wat tans heers, aangespreek gaan word en voedselsekuriteit verseker word.
Die Chinese werkgewers is nie daarvoor bekend dat hulle hulle arbeiders erkenning gee vir dienste gelewer nie. Hulle werkers word ook nie behoorlik vergoed nie. Daarvan getuig talle koerantberigte.
Kom ons staan saam, "harambee" en verseker voedselsekuriteit deur ons beskikbare landbougrond en waterbronne optimaal vir voedselverbouing te benut. Kom ons word trotse grondeienaars en verhoed dat ons kosbare landbougrond en waterbronne vir tabakverbouing benut word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie