Grond: 'Regverdige vergoeding' bekyk
Kenners meen dit is 'n positiewe verwikkeling omdat die kwessie van regverdige vergoeding teenoor vergoeding volgens markwaarde 'n tameletjie is.
Jemima Beukes - Die ministerie van grondhervorming het die prokureur-generaal, mnr. Albert Kawana, om ’n regsmening oor verskeie grondkwessies gevra.
Dié kwessies spruit uit die land se tweede nasionale grondkonferensie voort en sluitende die onteiening van grond met regverdige vergoeding in.
Die finale resolusies van die konferensie, wat in Oktober verlede jaar plaasgevind het, is intussen by die kabinet vir goedkeuring ingedien, het die minsiterie se woordvoerder, mnr. Chrispin Matongela, bevestig.
Die konstitusionele kenner prof. Nico Horn sê dit is ‘n positiewe verwikkeling en die kwessie van regverdige vergoeding teenoor vergoeding volgens markwaarde is ’n moeilike vraagstuk.
Volgens Horn is landbouers bekommerd dat die waarde van hul grond, sonder inagneming van verbeterings, gebruik sal word om te bereken wat regverdige vergoeding is.
“Hulle meen dit is meer ’n belastingkwessie of waarderingskwessie wat nie verbeterings of die tipe boerdery insluit nie,” sê hy.
Horn sê dit is belangrik dat die regering ’n groep kenners aan boord kry om uitsluitsel oor regverdige vergoeding te probeer kry.
“Ek dink van die 4 000 wit boere wat tans grond het, sal minstens die helfte van hulle uiteindelik bereid wees om hul grond te verkoop. Die ou idee dat wit boere aan hul grond vasklou, is nie regtig meer die waarheid nie. Baie van hulle wil van hul plase ontslae raak, maar wil tans volgens markwaarde vergoed word,” sê Horn.
Mnr. Piet Gouws, die Namibië Landbou-unie (NLU) se nuwe voorsitter, sê die Grondwet het nog altyd voorsiening vir onteiening, onderhewig aan sekere vereistes, toegelaat.
Hy sê kommersiële grondeienaars meen as onteiening gaan plaasvind, moet dit getoets word.
“As kommersiële grondeienaars huldig ons die standpunt dat sou grondonteiening uitgevoer word, dit teen die kriteria getoets word, asook teen hoofstuk 3 van die Grondwet, wat eiendomsreg waarborg.
“Wat regverdige vergoeding betref – dit moet kwantifiseerbaar wees, en onteiening gaan ook met sekere emosies gepaard, waarvoor vergoed moet word,” het Gouws gesê.
Die nasionale grondkonferensie het 40 resolusies goedgekeur, wat onder meer insluit die stigting van ’n presidensiële komitee van ondersoek oor voorvaderlike grondeise en die herinstelling daarvan, onteiening met regverdige vergoeding en die verwydering van die veterinêre kordonheining.
“Die huidige kommersiële grondhervormingswet wat deur die ministerie ingestel word, maak voorsiening vir onteiening met markverwante vergoeding, terwyl die Grondwet voorsiening maak vir ‘regverdige vergoeding’. Tans is ons begrip van ‘regverdige vergoeding’ en ‘billikke vergoeding’ verweef.
“Ons het die prokureur-generaal om regsadvies genader oor beide die kwessies van markverwante vergoeding en om te sê of dit dieselfde as billikke vergoeding is,” het Matongela verduidelik.
Hy het verder gesê die nuwe grondwetsontwerp, wat die wet op kommunale grondhervorming asook die wet op kommersiële grondhervorming kombineer, word tans aangepas in ooreenstemming met kwessies wat tydens die grondkonferensie geopper is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie