Grondaanslae van 5 jaar kom in 2021
Die aanslae vir vyf boekjare sal op 2007 se waardasierol gebaseer word, wat oor die algemeen as billik en bekostigbaar beskou is.
Elvira Hattingh - Eienaars van kommersiële plase sal na verwagting vroeg volgende jaar grondbelastingaanslae vir al vyf die afgelope boekjare ontvang, waartydens geen betalings gedoen is nie.
Dit volg ná die hof op 7 Februarie verlede jaar die mees onlangse waardasierol (2017-’22) nietig verklaar het en grondeienaars ná ‘n twee jaar lange hofstryd gelyk gegee het dit is nié wetenskaplik volgens die produksie-potensiaal van grond uitgewerk nie.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het aan Republikein gesê geen grondbelastingbetalings is die afgelope vyf jaar gemaak nie, wat beteken aanslae vir die boekjare 2016-’17, 2017-’18, 2018-’19, 2019-’20 en 2020-’21 ontvang sal word.
Terselfdertyd is daar onderhandel dat grondeienaars langer tyd gegun moet word om al hierdie belasting terug te betaal.
“Ons het egter nog geen skriftelike terugvoering hieroor ontvang nie. Daar bestaan wel begrip by amptenare dat grondeienaars tans onder groot druk is as dit by kontantvloei kom en dat die termyn vir betaling heel moontlik verleng sal word, voordat die nuwe waardasierol uitgereik sal word,” het die NLU se uitvoerende hoof, mnr. Roelie Venter, gesê.
Hy sê die aanslae wat volgende jaar ontvang sal word, is op 2007 se waardasierol bereken.
“Die koers waarteen belasting bereken sal word, is 0,75% vir 2016-’17 en die eerste gedeelte van 2017-’18 vir Namibiërs vir die eerste titelakte. ’n Bykomende 0,25% sal dan geld vir elke daaropvolgende titelakte.
“Vir die res van 2017-’18, asook vir die boekjare 2018-’19, 2019-’20 en 2020-’21 sal grondeienaars teen 0,4% aangeslaan word. Dit, volgens die koersverlaging wat in 2018 in die Staatskoerant afgekondig is. Dit geld vir die eerste titelakte.
’n Bykomende 0,25% sal dan geld vir elke daaropvolgende titelakte,” het die Venter gesê.
NUWE ROL
Die nuwe waardasierol vir 2022 tot 2027 word nog gefinaliseer en die NLU sê dit het die onderneming gekry die finale konsepweergawe sal met hulle bespreek word, voor dit voor die hof sal dien.
“Dit is noodsaaklik dat die waardasies van die verskillende plase met die relatiewe drakrag van die plaas gekorreleer is, en dit nie gebaseer word op byvoorbeeld toerismepotensiaal nie,” het Venter gesê.
“Die standpunt van die NLU is dat ons die betaling van grondbelasting ondersteun, mits dit bekostigbaar is en regverdig bereken word.
“Die 2007 grondwaardasierol was oor die algemeen as redelik en bekostigbaar deur grondeienaars aanvaar.”
Daarteenoor is die twee waardasierolle ná 2007 albei in die hof verwerp.
Die NLU het vantevore gesê toe waardasierolle in 2012 uitgereik is en die waardasies van plase met tot 900% verhoog het, was dit vir hulle onaanvaarbaar. Die NLU het dit sedert 2004 tot die betaal van grondbelasting verbind.
Tydens 2012 se NLU-kongres is lede aangemoedig om die sterkste beswaar teen dié rol aan te teken en, waar nodig, regsverteenwoordigers te kry om hul saak te verteenwoordig. Dié rol is uiteindelik in die hoërhof op grond van ’n tegniese punt tersyde gestel.
Dié 2012-waardasierol is glo weer vir die opstel van 2017 se waardasies gebruik, en dit is die rol wat óók verlede jaar in die hoërhof tersyde gestel is.
In Februarie 2018 het die hoërhof se regter Hosea Angula ’n interdik uitgereik om die regering te verbied om grondbelasting te hef op grond van die omstrede waardasierol van 2012. Dit was hangende hersieningsprosedures oor besware wat in die waardasiehof in 2017 aangeteken is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie