'Grondbelasting moet billik, regverdig wees'
Waardasiemetodes glo wesenlik gebrekkig
Jacqueline Louw – Grondeienaars wat beswaar aangeteken het teen waardasies wat deur die ministerie van grondhervorming aan hul eiendomme toegeken is, ondersteun die grondhervormingsproses in Namibië solank dit regverdig geïmplementeer word en billik en bekostigbaar is sodat hulle in produksie kan bly.
Só is Dinsdag voor landdros Johannes Shuuveni, die voorsitter van die waardasiehof, in Windhoek geargumenteer.
Die ministerie van grondhervorming het op 1 Junie 2016 kennis gegee dat die voorlopige waardasierol ten opsigte van landbougrond geïnspekteer kon word en dat die waardasiehof se sittings op 1 Augustus ’n aanvang sou neem. Intussen het die waardasiehof besware in Grootfontein, Otjiwarongo, Gobabis en nou in Windhoek aangehoor.
Adv. Andrew Corbett, SC, het gister namens ’n groep van 606 beswaarmakers betoë gelewer. Hy het aan die hof genoem dat die beswaarmakers in 2013 bereid was om met die ministerie in gesprek te tree ten einde tot ’n ooreenkoms oor die voorlopige waardasierol te kom. In sy hoofde van argument sê hy verder belangrike inligting oor die metodes en data waarop die waardeerder steun vir waardasies, van die ministerie van grondhervorming aangevra is, maar geen antwoord is ontvang nie. ’n Antwoord op ’n opvolgbrief wat voorstel dat ’n vergadering met die minister en betrokke amptenare belê word ten einde ’n oplossing te vind, is een dag voor die aanvang van die verhoor ontvang en dus het daar niks van die beswaarmakers se versoek gekom nie.
Billik
Corbett het verder namens beswaarmakers betoog dat hulle die grondhervormingsproses in Namibië ondersteun, solank dit regverdig geïmplementeer word en billik en bekostigbaar is sodat hulle in produksie kan bly.
Dit grondslag waarop beswaarmakers waardasies betwis, is dat die waardeerder se waardasiemetodes verkeerd is en strydig is met regulasies 4(6) en 4(7) van die grondhervormingswet van 1995. Verder het hy betoog dat onvolledige, onakkurate en verouderde data en inligting gebruik is om waardes te bepaal wat op die isokaart en die waardasierol verskyn. Volgens sy vertoë was beskikbare data verkeerd ten opsigte van iso-waardes aangewend en as gevolg van hierdie foutiewe samestelling van die iso-waardekaart en die waardasierol, is teenstrydige en verkeerde grondbelastingwaardes toegeken.
In sy argument het Corbett uitgewys dat die impak van die drakrag van grond nie in die waardasieproses in aanmerking geneem is nie of alternatiewelik dat hierdie aspek nie voldoende gewig in die berekening van grondwaardes gedra het nie.
Die beswaarmakers het die mening van deskundige getuies ingewin en ’n alternatiewe wetenskaplik aanvaarde en regverdige waardasiemetode voorgestel sodat die hof ’n bevel oor die iso-waardekaart en die waardes van die waardasierol kan uitreik.
’n Verdere probleem met die staat se waardasiemetodes deur Corbett uitgewys, is die toepassing van regulasie (6). Dit bepaal dat ’n waardeerder ’n waarde aan landbougrond moet toeken wat gelyk is aan die beste prys wat vir soortgelyke landbougrond met ’n soortgelyke drakragklassifikasie redelikerwys deur ’n gewillige verkoper aan ’n gewillige koper verkoop kan word.
Massa-evaluering
Die toepassing van ’n massa-evalueringsbenadering is ook problematies. Corbett het in sy hoofde aangedui die verdeling van grond in waardesones is wel toelaatbaar ingevolge die regulasies, maar die waarde van ontwikkeling op elke beswaarmaker se grond kan nie deur middel van massa-evaluering geskied nie. Corbett het aangevoer dat sonder inspeksies dit nie moontlik vir waardeerders is om aan die vereistes van subregulasie 4(7)(d)(i) te voldoen nie.
Corbett het ook uitgewys dat die waardeerder verouderde data gebruik het vir waardasies op 1 April 2012 deur die agro-ekologiese sonekaart van Namibië te gebruik wat in 2003 opgestel is. Hy het verder die kwessie van stawing gebaseer op verkope bespreek en aangedui dat verkoopwaardes in die noordwestelike deel van die land verwronge is. Die waardeerder het transaksies oorweeg wat die verkoopswaardes in die gebied verhoog het, deels omdat grond onderverdeel is en verkoop is met die doel om lodges op te rig.
’n Oplossing vir die waardasieprobleem deur Corbett voorgestel is die aanvaarding van ’n waardasiemodel deur ’n deskundige in die bestuur van landbougrond, mnr. Leon Lubbe. Hierdie model neem faktore soos drakrag, reënvalsyfers, agteruitgang van weiding en die gemiddelde gewig van vee in aanmerking. Met hierdie model en met inagneming van huidige vleispryse, kan ’n produksiewaarde per hektaar van grond uitgewerk word.
Corbett het in sy hoofde genoem dat daar ’n verskil in die waardeerder se waardes in die Keetmanshoop-gebied van N$46 per hektaar in 2007 tot N$450 per hektaar in 2012 voorkom. Dit is ’n ongelooflike bykans 1 000% vermeerdering in slegs vyf jaar.
Ter afsluiting van sy betoë het Corbett die hof versoek om die waardeerder te gelas om landbougrond te herevalueer in ooreenstemming met riglyne van die hof wat drakrag van grond, verkoopbewyse ten opsigte van onverbeterde landbougrond en die implementering van die Lubbe-model insluit. Indien die hof nie geneë is om bogenoemde bevel uit te reik nie, word die hof versoek om elke beswaarmaker se beswaar te handhaaf en die waardes in die voorlopige waardasierol te vervang met die verminderde waardes wat volgens die Lubbe-model bereken is.
Verdere voorleggings met dieselfde strekking is gelewer deur mnre. Piet De Beer, Charlie Bodenstein, Richard Mueller en adv. Albert Strydom namens die onderskeie groepe beswaarmakers wat deur hul verteenwoordig word. Die hof sal die teenargument deur die waardeerder-generaal, mnr. Protasius Thomas, vandag aanhoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie