Grondbelasting wéér in die hof
Elvira Hattingh – Kambazembi Gasteplaas sal op Dinsdag 21 Junie ‘n dringende aansoek in die hoërhof indien om die jongste voorlopige waardasierol vir grondeienaars asook die kennisgewing van waardasiehofsittings nietig te verklaar.
Dit volg nadat die ministerie van grondhervorming op 1 Junie vanjaar ‘n kennisgewing in koerante publiseer het dat die voorlopige waardasierol by sekere kantore vanaf 1 Junie tot 1 Julie beskikbaar is en dat die waardasiehof vanaf 10 Augustus tot 19 September op onder meer Grootfontein, Gobabis, Mariental, Keetmanshoop, Outjo, Otjiwarongo, Omaruru en Windhoek sittings sal hê. Tydens die sittings sal grondeienaars besware teen die waardasierol mag opper.
Grondeienaars kan tydens die hofsittings slegs beswaar aanteken teen die waardasie van hul grond en nie teen die koers van belasting nie.
BETOGINGS
Volgens die applikant se regsverteenwoordiger, mnr. Charlie Bodenstein, wat namens Constitution Watch (voorheen bekend as die Grondeienaarsvereniging van Namibië of LOAN) optree, sal onder meer aangevoer word dat strydig met die Grondwet opgetree is.
“Volgens die applikante het die uitvoerende gesag in plaas van die wetgewende gesag, naamlik die parlement, effektief die belasting beheer, bepaal, ingestel en ingevorder.
“Die staat kon, wat die bepaling van belasting en ‘n resolusie oor die waardasiekoers betref, slegs debatvoering in die parlement in 2001 blootlê, wat beteken dit is wanneer laas na die koers gekyk is.
“Geen korrespondensie, notules of notas kon voorgelê word om te wys watter samesprekinge tussen die ministers van finansies, landbou en grondhervorming, soos vereis deur die wet, plaasgevind het nie. Dit moet gedoen word tydens die bepaling van die waardasiekoers.”
Bodenstein sê verder vereis die grondhervormingswet se regulasies dat ‘n kennisgewing vooruit geplaas moet word vir datums waartydens waardasies sal plaasvind, wat volgens die applikant nagelaat is.
“’n Kennisgewing moet die publiek inlig van iets wat in die toekoms gebeur, nie iets wat reeds gebeur het nie,” het Bodenstein gesê. Hy het ook gesê die saak is Namibië se grootste konstitusionele uitdaging nog.
Verder sal verwys word na die feit dat die laaste waardasie van plase in 2007 gemaak is, wat strydig is met die grondhervormingswet se regulasies ingevolge waarvan ‘n algemene waardasie vyfjaarliks gemaak moet word.
Volgens ‘n beëdigde verklaring deur Bodenstein het werknemers van die ministerie van grondhervorming gesê dat 2012 se voorlopige waardasierol nou weer gebruik word, dieselfde een wat gebruik is toe die waardasiehofsitting in 2013 deur regter Elton Hoff nietig verklaar is.
NLU MAAK OOK BESWAAR
Intussen het die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy jongste nuusbrief gesê tydens ‘n vergadering met sy uitvoerende raad is intense besprekings oor die nuwe grondwaardasies gevoer.
“Die raad is verbaas dat dit dieselfde omstrede waardasierol is wat in 2012 ter tafel gelê is, met geen wysigings daaraan nie. Hierdie waardasies is natuurlik baie hoër as die waardasies waarop tans grondbelasting betaal word.
“Indien die koers van 0,75%, waarteen grondbelasting tans bereken word, van toepassing sou bly, beteken dit dat grondeienaars tussen 300% en 400% meer belasting sal betaal. Dit veroorsaak baie onsekerheid onder grondeienaars. Volgens die raad lei die inherente gebreke soos vervat in die regulasies tot die huidige omstrede grondwaardasies.”
Die NLU volstaan met sy standpunt dat dit hom verbind het tot die betaling van grondbelasting as ‘n bydrae tot grondhervorming, maar dat grondwaardasies realisties moet wees en kragtens die wet en regulasies opgestel moet word.
“Grondbelasting moet in alle gevalle billik, regverdig en bekostigbaar wees.”
GESKIEDENIS
Drie kennisgewings van mosie is, met die finansiële steun van Constitution Watch, ook verlede maand deur Kambazembi Gasteplaas by die hoërhof ingedien.
In die eerste hiervan is gevra dat uitspraak gelewer moet word in ‘n dringende aansoek van 30 Oktober 2015 waarin die grondwaardasie-aanslag van Augustus 2015 nietig verklaar moet word. Die tweede aansoek het gevra dat die grondbelasting van 29 Julie 2016 tersyde gestel moet word en derdens dat die heffing en invordering van verdere grondbelasting opgeskort moet word tot tyd en wyl uitspraak gelewer word in vyf hangende grondbelastingsake. Die bevel moes op alle grondeienaars van toepassing wees.
Bogenoemde mosies volg op ‘n lang saga as gevolg van die laaste grondwaardasiehof wat in 2007 laas ‘n sitting gehad het.
““Volgens wet verstryk die geldigheid van ’n waardasierol binne vyf jaar ná sertifisering deur die waardasiehof. Die laaste waardasierol het op 31 Maart 2013 verstryk. In 2012 het die nuwe voorlopige waardasierol ‘n drastiese verhoging in grondbelasting voorgestel. Ná dit deur die ministerie van grondhervorming in Januarie 2013 teruggetrek is en ‘n nuwe rol uitgereik is, is 2012 se waardasiehofsitting eindelik deur regter Elton Hoff nietig verklaar,” het Bodenstein gesê.
“Kambazembi Gasteplaas het egter vóór die waardasiehofsitting van 22 Augustus 2013, die grondwetlikheid van die staat se optrede, die wet en regulasies bevraagteken en ‘n hersieningsaansoek by die hof ingedien.
“Dié geding het tot verskeie hofaansoeke en sake gelei.”
WYSIGING
Boonop het die ministerie van grondhervorming in 2015 ‘n proklamasie uitgevaardig dat ‘n waardasierol geldig is van dit deur ‘n waardasiehof goedgekeur is totdat dit deur ‘n nuwe een vervang word. Bodenstein sê dit moes regulasie 17(3) vervang, wat bepaal dat die geldigheid van ‘n waardasierol ná vyf jaar verstryk.
“Dié wysiging beteken ‘n grondwaardasierol kan onbeperk voortduur, maak die bestaande wet tot niet, is onwettig terugwerkend, verwyder bestaande regte en maak die afdwing van grondbelasting nog meer onvoorspelbaar.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie