Grondbelastingsaak sneuwel in hou00ebrhof
Grondbelastingsaak sneuwel in hou00ebrhof

Grondbelastingsaak sneuwel in hoërhof

Appèlsaak in hooggeregshof kom glo
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Regter Thomas Masuku het gister grondeienaars se gekonsolideerde saak oor grondbelasting in die hoërhof met koste van die hand gewys.

Die redes hiervoor sal Maandag bekend gemaak word.

Intussen het mnr. Charlie Bodenstein, wat namens Constitution Watch optree en die Kambazembi-gasteplaas verteenwoordig, aangedui dat grondeienaars beplan om teen die uitspraak te appelleer.

Dit volg nadat regter Shafimane Ueitele vroeër vanjaar ‘n bevel in die hoërhof uitgereik het dat die verhoor van ses onderskeie hofsake tussen grondeienaars en die regering oor grondbelasting saamgevoeg moet word. Daarna het die verhoor op 1 September voor regters Masuku en Ueitele begin, waarvan die uitspraak gister gelewer is.

Die respondente bestaan uit die ministeries van landbou, water en bosbou, finansies, die advieskomitee vir grondhervorming, die kommissaris van binnelandse inkomste en die aanklaer-generaal van Namibië.

Die ses sake wat saamgevoeg is en nou van die hand gewys is, sluit in ‘n aansoek van 2013, waarin die applikant sekere voorsienings van die wet teenstrydig met die Grondwet wil verklaar, asook ‘n aansoek van 2015 waarin die applikant wil hê die grondwaardasie van die 2013-’14-boekjaar moet hersien en ter syde gestel word. Verder sluit dit ‘n aansoek van 2016 in, waar dieselfde in verband met 2015-’16 se grondwaardasie gevra is.

Die laaste saak kom ook uit 2015, waarin die applikant beweer daar is wat die 2014-15- grondwaardasies betref, teenstrydig met sekere regulasies in die wet opgetree.

In saak A234 van 2015 het die applikant gevra dat sekere wetswysigings deur die regering in die hof nietig verklaar moet word en in die laaste saak moet uitspraak gelewer word op die meriete van ‘n saak, naamlik of die huidige waardasierol en kennisgewing vir die sitting van die waardasiehof geldig is of nie.

Bodenstein het gesê grondeienaars beskou dié saak as Namibië se grootste, konstitusionele uitdaging tot dusver.

Terselfdertyd sal die waardasiehof op 23 November in die Windhoekse landdroshof voortgaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!