Grondberaad: Hoe nader, hoe kwater
Grondberaad: Hoe nader, hoe kwater

Grondberaad: Hoe nader, hoe kwater

Dani Booysen
Streekkonferensies in aanloop tot Oktober se nasionale grondindaba het afgeskop, en soos die afgelope jaar, is dit kommerwekkend dat ekstreme uitsprake bly toeneem.

Namibië en al sy inwoners sal slagoffers wees indien emosie, radikalisme en moedswillige destabilisering die belangrike beraad kaap.

Die strydkreet vir 'n onafhank­like wegbreekgrondkonferensie getuig van onwilligheid om deel te wees van 'n groter gesprek waarin almal mekaar in die groter belang sal moet vind.

In Windhoek het die AR-beweging se mnr. Job Amupanda gesê alle buitelanders se grond moet afgevat word en boere moet tot die helfte van hul grond aan plaaswerkers afstaan. Dít terwyl die regering reeds weggedoen het met die verpligte aandeleformule in ondernemings vir voorheenbenadeeldes voorgestel in die bemagtigingsplan, NEEEF.

Om grond aan almal uit te deel, gaan nie armoede en ongelykheid met 'n towerstaf uitwis nie. Net soos die uitdeel van kospakkies honger net tydelik verlig.

Windhoek se massiewe geldknyp, waaroor Vrydag opnuut berig is, wys op die minstens gelyke en selfs groter belang van hervormings in stads- en dorpsgebiede.

Namibië moet waak daarteen dat die land deur 'n “hoe-later-hoe-kwater” golf weggesleur word. Dit bly deel van ons behoud dat so 'n mentaliteit nie in 1989 en 1990 gegeld het nie.

Die grondkwessie moet in 'n gees van versoening en vrede hanteer word.

Indien nie, kan dit hier, soos in Suid-Afrika, tot agteruitgang eerder as groter voorspoed vir meer inwoners lei.



So sê ander

19 Julie 2018



Who governs Britain: amid Brexit chaos, we ought to know



The political chaos in Britain is characterised by delusion.

The prime minister's blueprint for Britain to leave the European Union is apparently exactly as she wanted it, despite having been rewritten in the Commons by hard Brexiters.

Ten ministers have resigned over Theresa May's plans. Apparently she had not noticed all this.

Politics in Britain is staggering from crisis to crisis just as the great issue at the heart of British life, withdrawal from the European Union, is in flux.

Neither Mrs May nor Jeremy Corbyn can be blamed entirely. They both lead discordant teams and divided parliamentary parties and face rebellious activists.

Unfortunately beneath the serenity both leaders' minds are plainly divided over the next steps that need to be taken. Without a surer touch, British politics and Britain could be irreparably damaged.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!