Grondkonferensie 'gekaap'
Die groepe wat verlede week aangekondig het hulle gaan die tweede grondberaad boikot, sê verteenwoordiging by dié geleentheid dien geen doel nie.
Catherine Sasman
Swanu se parlementslid, mnr. Usutuaije Maamberua, en die sekretaris-generaal van die Ovaherero- Tradisionele Owerheid (OTA), prof. Mutjinde Katjiua, het laat verlede week uit die hoëvlakkomitee bedank wat vir die reëling van die tweede grondkonferensie verantwoordelik is.
Swanu en die OTA is onder dié groepe wat aan die konferensie onttrek het.
Adv. Vekuii Rukoro, Ovaherero-opperhoof, het op 21 September gesê verteenwoordiging van dié groepe op die komitee “dien geen doel meer nie”.
Prof. Katjiua sê hy het uit die hoëvlakkomitee bedank omdat dit deur 'n tegniese komitee, een van die komitees verantwoordelik vir die konferensie, gekaap is.
Drie komitees is vir die reëlings rondom die grondkonferensie verantwoordelik.
Volgens Katjiua was die komitee wat uit personeel van die ministerie vir grondhervorming bestaan, verantwoordelik vir logistieke reëlings.
Die tweede is 'n interministeriële komitee bestaande uit voormalige en huidige permanente sekretarisse.
Mnre. Andrew Ndhishishi, Joseph Iita, en Erastus Negonga tel hieronder.
Katjiua het gesê die hoëvlakkomitee, bestaande uit verkeie rolspelers, was veronderstel om die beleidsraamwerk op te stel en moes aandui in watter rigting die skip moet seil.
In stede hiervan, sê hy, is die beleidsraamwerk deur die tegniese komitee ontwerp.
“Die tegniese komitee is die enjinkamer, die mafiakamer. Die mafiakamer besluit wat na die hoëvlakkomitee gaan. Dit is die gewetenlose elemente. Wanneer jy dít het, is al die sake agtermekaar,” het Katjiua van die beweerde gekonkel agter die skerms gesê.
“Die regering is goed met skaak speel. Hy het die konferensie van A tot Z beplan. Omdat hulle besluit het wat die uitslag moet wees, het hulle besluit hoe die proses gaan verloop. Sover dit hulle aangaan, moet die uitslag 'n beweging van noord na suid wees,” het hy gesê.
Katjiua het gesê die hoëvlakkomitee is verder aan bande gelê omdat hy bloot 'n templaat, wat deur die tegniese komitee opgestel is, in streekskonsultasies moes gebruik om sekere uitslae moontlik te maak.
“Die uitslae is in daardie raamwerk vervat. Die verslae is deur die enjinkamer geskryf. Die enjinkamer besluit wat die streke gesê het. Hulle het dit so gestruktureer. Afgesien daarvan het die enjinkamer besluit wie na die konferensie uitgenooi moet word en wat die verhouding van verteenwoordiging gaan wees. Die enjinkamer het die resolusies reeds opgestel,” het Katjiua gesê.
Volgens hom is só 'n samestelling verkeerd.
“Die uitslae sal nie aan Namibië se behoeftes voldoen nie. In werklikheid gaan maatskaplike verhoudings en politieke stabiliteit ontwrig word en verdere marginalisering teweeg bring.
“Die eindresultaat kan wees dat ons soos Kenia, Burundi of Suid-Afrika gaan word. Dit is hoekom ons nie aan die grondkonferensie gaan deelneem nie, want ons kan nie 'n onwettige aktiwiteit regverdig nie. Dit is diefstal helder oordag,” het hy gesê.
Katjiua het bygevoeg die konferensie moet eerder opnuut georganiseer word ondanks die N$16 miljoen wat volgens berigte daaraan bestee sal word.
1991 EN NOU
Prof. Wolgan Werner, wat op die hoëvlakkomitee dien en by die 1991-konferensie betrokke was, sê die komende konferensie het baie leemtes.
Hy sê die ongeveer 500 afgevaardigdes by die 1991-konferensie is almal op grond van hul belange by die grondkwessie gekies. Die meerderheid was nié regeringslui nie, maar mense in die grond- en landbousektor.
Stedelike grond was toe nie op die agenda nie.
“Wat ons vandag sien, is baie anders. Vandag is meer as 50% regerings- en party-amptenare,” het Werner gesê, en bygevoeg: “Hoekom ons dit nou so doen, weet ek nie – nie net omdat ons vroeër beter gedoen het nie, maar omdat ons uit ander voorbeelde kon leer.”
Een voorbeeld is Botswana, wat sy grondbeleid elke dekade hersien.
Dít begin met 'n kommissie van ondersoek, waarop die konferensie volg.
Hier word dan 'n beleidsdokument saamgestel wat deur parlement bespreek word en weer aan burgers voorgelê word.
Werner is besorgd oor die feit dat daar vir die komende konferensie geen studies deur kenners beskikbaar is nie.
“Ek dink op 'n aantal gebiede laat ons die proses nie tot sy reg kom nie,” het Werner gesê.
Hy stel voor dat die komende beraad slegs die begin van 'n beleidhersieningsproses moet wees.
Daarná, stel hy voor, moet toepaslik gekwalifiseerde mense aangestel word om empiriese ondersoeke te doen waaruit aanbevelings gemaak kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie