Grondkonferensie staan eers tru
Besparing, droogte die rede
Ronelle Rademeyer - Die tweede nasionale konferensie oor grondhervorming en die grondvraagstuk is vir eers op die lange baan geskuif in ’n poging om geld te spaar.
Dié konferensie, wat einde Augustus aangekondig is in opvolging van die geskiedkundige grondkonferensie van 1991, sou voor die einde van vanjaar plaasgevind het.
Pres. Hage Geingob het op 5 April vanjaar tydens die bekendstelling van die Harambee-welvaartplan opdrag gegee dat die ministerie van grondhervorming dié tweede konferensie hou om bestek te neem van die mylpale sover en maniere te vind hoe die proses deur beter implementering versnel kan word.
Mnr. Utoni Nujoma, minister van grondhervorming, het gister aan joernaliste in Windhoek gesê die aanbieding van so ’n konferensie het “reuse- ekonomiese implikasies”. Hy sê daar is in die lig van die ekonomiese klimaat en begrotingsbesnoeiing binne die staatsdiens besluit om vir eers nie met die beplanning voort te gaan nie.
Hy het ook na die voortslepende droogte verwys en gesê “landbou-inisiatiewe in die land” het nou eerder hulp nodig.
“Die aanbieding van ’n konferensie van dié omvang vereis ’n aansienlike bedryfsbegroting en die ministerie het nie binne die huidige boekjaar geld daarvoor nie,” het Nujoma gesê.
Hy het die versekering gegee dat die ministerie sal voortgaan om “sistematies, ordelik en binne die wetsraamwerk” die proses van grondhervorming te bevorder.
Intussen, sê hy, sal aandag gegee word aan die finale bestudering van die nuwe Wet op Grond voordat dit in die parlement ter tafel gelê word – iets wat nog tydens die huidige sitting sal gebeur.
Hy het ten slotte die versekering gegee dat die regering ondanks talle uitdagings verbind is tot ’n “deursigtige, regverdige en gelyke” hervormingsproses.
Nujoma het ook klem daarop gelê dat die ministerie die proses binne die “beleids- en regsraamwerk” bestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie