Grondonteiening sal rampspoed beteken
'n Radikale benadering het in lande soos Zimbabwe en Venezuela tot die ineenstorting van hul ekonomieë gelei.
Roelof Botha – “Grondonteiening sonder vergoeding” het die openbare debat vanjaar in so ’n mate oorheers dat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad dié konsep pas as Woord van die Jaar aangewys het (gegrond op statistieke oor kernwoorde/konsepte wat in alle mediabronne aangehaal is).
“Kommissie van ondersoek” het vanjaar die tweede plek ingeneem.
Verlede jaar se Woord van die Jaar was “staatskaping”.
Ongelukkig het selfs die moontlikheid van 'n beleid van radikale grondonteiening, hoe gering ook al, reeds negatiewe ekonomiese gevolge gehad, soos blyk uit die onlangse verswakking van sake- en verbruikersvertroue en negatiewe ekonomiese groei in 2018 (op ’n kwartaalgrondslag).
Verder het kapitaalvorming oor die afgelope 11 kwartale met meer as 7% gedaal (in reële terme).
'n Radikale benadering tot grondhervorming het in lande soos Zimbabwe en meer onlangs in Venezuela tot die ineenstorting van hul ekonomieë gelei en grootskaalse maatskaplik-politieke onstabiliteit veroorsaak, waaronder hongersnood.
Weens die aktuele en aanvegbare aard van grondonteiening sonder vergoeding het ek besluit om ’n navorsingspan saam te stel ten einde ’n objektiewe makro-ekonomiese impakstudie van só 'n beleid te doen, gegrond op gevallestudies van sewe lande wat die fout begaan het om dié beleid na te volg.
Prof. Ilse Botha van die Universiteit van Johannesburg het die ekonometriese modellering gedoen, terwyl ’n portuuroorsig van die studie deur Keith Lockwood, deeltyds verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Gibs-sakeskool, gedoen is.
Een van die motiverings vir die studie was om die navorsing oor die gevare van radikale grondhervorming wat aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee voorgelê is, met 'n kwantifiseerbare impakstudie aan te vul wat slegs aandui wat die gevolge van só 'n beleid sou wees indien dit in Suid-Afrika toegepas word.
Die vertrekpunt van die studie was om te bepaal in welke mate kapitaalvorming as persentasie van die bruto binnelandse produk (BBP) daal as gevolg van 'n beleid van nasionalisering. Die gemiddelde daling wat deur die ontledings in die gevallestudies bepaal is, was bykans 14% per jaar (tot en met die stadium dat die beleid gedeeltelik of ten volle laat vaar is).
Venezuela is die enigste land in die groep van lande wat nog nie begin het om terug te keer na die herinstelling van private eiendomsbesit nie. Dié land het tussen 2013 en verlede jaar ’n daling in die kapitaalvorming/BBP-verhouding van meer as 60% ervaar en meer as 1 miljoen mense het na raming vanjaar uit die land padgegee weens die algehele insinking van die ekonomie en hongersnood wat op grondonteiening sonder vergoeding gevolg het.
In Zimbabwe se geval het die kapitaalvorming/BBP-verhouding tussen 2010 en 2013 met bykans 50% teruggesak en het meer as 3 miljoen mense na raming sedert die nasionalisering van grond die land verlaat.
Die ekonometriese model is blootgestel aan twee relatief konserwatiewe aannames, naamlik dalings van 5% en 10% per jaar in kapitaalvorming in Suid-Afrika weens ’n beleid van grondonteiening sonder vergoeding. In albei gevalle toon die model dat die land binne twee kwartale negatiewe ekonomiese groei sal begin ervaar (op ’n jaargrondslag) en ’n langdurige en ernstige resessie sal betree.
Ander gevolge van radikale grondhervorming wat deur die model uitgelig word, sluit die volgende in:
· ’n Skerp daling in staatsinkomste en ’n gepaardgaande styging in die begrotingstekort (ook as persentasie van die BBP);
· ’n Sterk moontlikheid van ’n afgradering van Suid-Afrika se staatskuld na rommelstatus deur Moody’s Investors Service, die enigste kredietgradeerder wat tans nog die land se staatskuld op beleggersvlak handhaaf;
· Hoër rentekoerse; en
· Verhoogde maatskaplik-politieke onrus as gevolg van ’n verdere wesenlike styging in werkloosheid.
Hopelik sal die grondwetlike hersieningskomitee deeglik kennis neem van die rampspoedige gevolge van dié beleid in ander lande en sal die resultate van die impakstudie nog ’n spyker in die doodskis van dié Stalinistiese benadering tot eiendomsreg wees.
· Dr. Roelof Botha is die ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep en ’n vorige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie