Grondstorting begrawe bergdorpie
Reddingswerkers het gister vir 'n tweede dag deur grond en rotse gegrawe om na ten minste 118 mense in 'n dorpie in die suidweste van China te soek wat steeds vermis is ná 'n hewige grondstorting Saterdag. Altesaam 15 liggame is uitgegrawe in Xinmo, 'n skilderagtige bergdorpie in Sichuan-provinsie, wat Saterdag heeltemal deur 'n grondstorting begrawe is. Net drie oorlewendes - 'n egpaar en hul een maande oue baba - is dusver gevind en daar is min hoop om nog oorlewendes te vind nadat rotse 62 huise getref het. - Nampa/Xinhua
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie