Grondstorting eis 34 lewens
Grondstorting eis 34 lewens

Grondstorting eis 34 lewens

Francoise Steynberg
Die dodetal ná ’n grondstorting in China se suidoostelike Fujian-provinsie het tot 34 gestyg, met vier mense wat steeds vermis word, het staatsmedia berig.
Die grondstorting het Sondag plaasgevind ná swaar reën. Dit het ’n hidroëlektriese kragstasie in Fujian se Taining-distrik getref wat in aanbou was.
Pres. Xi Jinping het geëis dat plaas­like beamptes reddingspogings ver­skerp.
Aanhoudende reën het die reddingswerk nog moeiliker gemaak, het die Xinhua-nuusagentskap berig. Xinhua het ook vroeër gesê daar is 22 lyke gevind.
In Desember het ’n grondstorting in die suidelike stad Shenzhen 77 mense begrawe. Die regering het die verbreking van bouveiligheidsmaatreëls geblameer vir daardie ramp en ’n aantal beamptes is in hegtenis geneem.
Sondag se grondstorting is die jongste ongeluk wat vrae laat ontstaan oor China se nywerheidsveiligheid­standaarde en die gebrek aan toesig met die land se ekonomie wat die laaste jare met rasse skrede gegroei het. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!