Grondwater onder die soeklig
NAMIBIE is die droogste land in sub-Sahara Afrika, met 'n gemiddelde reenval van ongeveer 350 mm per jaar. Die hoogste reenval kom voor in die Caprivi in die noordooste (ongeveer 600 mm per jaar) en dit neem af in 'n westelike en suidwestelike rigting tot so min as 50 mm en minder per jaar teen die kus.
Die enigste standhoudende riviere is op ons landsgrense met Suid-Afrika, Angola, Zambie en die kort grens met Botswana in die Caprivi. Oppervlakwater is in die binneland slegs beskikbaar in die somermaande wanneer riviere in vloed is na uitsonderlike reenbuie. Andersins is oppervlakwater beperk tot 'n paar groot opgaardamme wat hierdie seisoenale vloede en afloopwater opvang en opdam.
Waar mense dus nie naby standhoudende riviere bly of van water in die opgaardamme gebruik maak nie, is hulle afhanklik van grondwater om in hul waterbehoeftes te voorsien. Dit is dus uit 'n geografiese en waterverbruikers- oogpunt reeds duidelik dat 'n baie groot deel van die Namibiese bevolking van grondwater afhanklik is vir hill (ekonomiese) bestaan, en dit alleen regverdig reeds dat ons kennis deel oor ons grondwaterbronne.
Omdat grondwater in sy natuurlike voorkoms meerendeels onsigbaar is, bestaan daar geweldige on kunde oor hierdie lewensbelangrike bron.
Baie mense is onder die indruk dat, solank daar water uit 'n boorgat kom, die bron "gesond" is. Daar bestaan geweldig baie onkundige opvattings oor hoe en waar grondwater voorkom en hoe en waar om daarna te soek. Hierdie onkunde lei meer as gereeld daartoe dat onnodige kapitaal in hierdie soekproses vermors word.
Behalwe dat meer kennis dus by wyse van spreuke die wolfuit die skaapkraal kan hou, gaan dit in baie gevalle ook tot groot besparings lei. Een van die grootste probleme wat die watersektor in die gesig staar is hoofsaaklik bestuur - hoe om beskikbare water eweredig en regverdig te verdeel, terwyl die volhoubaarheid van ekosisteme terselfdertyd versekerword.
Daar is dan tans ook 'n wereldwye "ontwaking" wat grondwaterbestuur betref, in so 'n mate dat die Africa Ministers' Council on Water (AMCOW) gedurende Mei 2007 'n resolusie aanvaar het dat grondwaterbestuur bevorder moet word binne die raamwerkvan rivierkombestuursorganisasies (River Basin Organisations), en dat dit in sinergie moet wees met die Rural Water Supply and Sanitation Initiative (RWSSI).
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het onlangs deur sy AMCOWTAC lede (Technical Advisory Conunittee) versoek dat 'n loodsstudie oor grondwaterbestuur in die SAOG gedoen word om uitvoering te gee aan die AMCOW-resolusie.
Die Universiteit van die WesKaap doen namens die SAOG hierdie studie in Suid Afrika om 'n basiese bestuurstruktuur daar te ste1 wat met aanpassing in die hele SAOG-streek toegepas kan word. Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) het reeds in die begin van die eeu in hul derde UNEP Global Environment Outlook (GEO-3) aandag op onder andere die volgende gevestig: Die beskikbaarheid en kwaliteit van vars water is vinnig besig om een van die mees kritieke omgewingsen ontwikkelingskwessies te word.
Regoor die wereld is grondwater besig op uitgeput te raak as gevolg van die aanvraag van mega-stede (stede met 'n bevolking van meer as 10 miljoen) en landbou, terwyl kunsmis en chemiese besoedeling waterkwaliteit en openbare gesondheid bedreig. Indien genoemde feite nie reeds genoeg rede is waarom kennis oor, en die bestuur van, ons kosbaarste natuurlike hulpbron dus so krities belangrik is nie, en u as verbruiker aan min, of geen, ander redes kan dink nie, behoort die slagspreuk "water is lewe / water is life" genoeg rede te wees - en dit sovee1 te meer in ons droe en geliefde Namibie.
As ons verder kyk na die hoofrolspelers in die watersektor, gaan dit verseker ook heelwat onduidelikhede uit die weg ruim en beter perspektief gee rakende die funksies van die onderskeie rolspelers: Die departement van waterwese, in die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou is die "bewaarder" van alle waterbronne in Namibie.
Die departement word gelei deur die permanente sekretaris, mnr. Andrew Ndishishi. Twee direktorate, naamliklandelike watervoorsiening en hulpbronne- bestuur word gelei deur direkteure, onderskeidelik mnr. Abraham Nehemia and dr. Stef de Wet. Landelike watervoorsiening is ooglopend verantwoordelik vir voorsiening van water in die landelike gebiede, terwyl hulpbronne -bestuur gemoeid is met ondersoeke (op nasionale vlak) en bestuur van waterbronne ("polisiering" deur middel van permitte en regulasies, en dikwels in samewerking met ministerieel erkende en goedgekeurde bestuursliggame).
Laasgenoemde direktoraat het onder andere afdelings vir hidrologie, geohidrologie en wetsadministrasie. Dit is hieruit duidelik dat 'n gelntegreerde benadering en toepassing nodig is om ons waterbronne effektief en doeltreffend te bestuur. Die afdeling geohidrologie het onder meer 'n verantwoordelikheid om grondwaterbronne landwyd te monitor en het 'n uitgebreide moniteringstelse1.
Alle boorgat inligting is ook veronderstel om by die afdeling ingehandig te word, waar dit op 'n databasis gestoor word. Hierdie afdeling beskik oor 'n magdom inligting rakende grondwater regoor die land. Enigiemand wat grondwaterverwante inligting soek om te help in hul soektog na, en/of bestuur van grondwaterbronne, kan met vrymoedigheid by hierdie afdeling om hulp aanklop.
Die Namiba Water Corporation (NamWater) is 'n korporasie waarvan die Namibiese regering die alleenaandeelhouer is en wat bestuur word deur 'n hoofuitvoerende beampte, dr. Vaino Shivute.
NamWater is die grootmaat-waterverskaffer en lewer water aan munisipaliteite en industriee, asook heelwat klein verbruikers wat individuele aftappunte op NamWater se verspreidingsnetwerk het. NamWater doen net soos ander verbruikers verantwoording aan die departement van waterwese oor sy doen en late. Die departement ingenieurs en wetenskaplike dienste is verantwoordelik vir die ondersoeke en ontwik-keling van grondwaterbronne om sodoende grondwater in grootmaat te kan verskaf.
NamWater lewer ook relevante waterdienste aan die private sektor op 'n konsulteringsbasis. Alhoewel NamWater water lewer aan die meeste plaaslike owerhede, behartig sommige tog hul eie watervoorsiening. Binne munisipale gebiede eindig NamWater se waterverspreidings- verantwoordelikheid by die betrokke plaaslike owerheid, wat op hul beurt die verspreiding en verkope aan die eindverbruiker doen.
Ekkan dit onomwonde ste1 dat water, en in besonder grondwater, seker die belangrikste natuurlike hulpbron is. Daar is ongetwyfeld ander natuurlike hulpbronne wat 'n groter direkte ekonomiese waarde het, maar die ontginning en verwerking van al hierdie hulpbronne kan egter nie sonder water geskied nie. Water is dus die goue draad wat deur die hele ekonomie loop - van landbou, mynbou, toerisme - en in der waarheid alle industriee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie